SA boer vat vliegtuig ná Tanzanië sy grond vat
’n Vliegtuig van die Tanzaniese nasionale lugdiens is Vrydag op die O.R. Tambo-lughawe in beslag geneem weens vergoeding wat Tanzanië aan ’n Suid-Afrikaanse boer verskuldig is.
’n Airbus A220-300 is in beslag geneem ná die hooggeregshof in Johannesburg uitspraak gelewer het ten gunste van ’n boer wat geld geskuld word deur Tanzanië ná sy grond dekades gelede sonder vergoeding onteien is.
Die vliegtuig was veronderstel om vanaf Johannesburg na Dar es Salaam te vlieg toe beamptes die vlug skielik gekanselleer het, sê die Tanzaniese departement van vervoer.
Roger Wakefield, ’n prokureur van Werksmans, verteenwoordig die Suid-Afrikaanse boer, wat naamloos wil bly. Wakefield sê die Tanzaniese regering skuld sy kliënt $33 miljoen, insluitend rente, vir die grond wat dié land onwettig onteien het. Die ooreenkoms vir vergoeding is vroeër deur middel van arbitrasie vasgestel.
Maar al het die Tanzaniese owerhede al herhaaldelik aangedui dat hulle die vergoeding wil en sal betaal, wag die boer nou al sedert 2014 vir betaling.
Wakefield het telefonies aan Reuters gesê dat die vliegtuig in beslag geneem is in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse en internasionale wette, wat toelaat dat ’n bate wat deur ’n buitelandse entiteit besit word, aangeheg word in ’n saak wat verband hou met ’n buitelandse arbitrasie-toekenning.
Die spesifieke vliegtuig is gekies omdat daar bewyse is dat die Tanzaniese regering dit regstreeks besit en die waarde daarvan ooreenstem met die bedrag wat aan die boer verskuldig is.
Volgens Wakefield is die enigste manier wat die Tanzaniese regering sy vliegtuig gaan terugkry, as hy ’n ander vorm van waarborg van soortgelyke waarde aanbied of doodeenvoudig die skuld betaal.
Tanzanië het minder as twee maande gelede met vlugte na Suid-Afrika begin.
John Magufuli, president van Tanzanië, het met sy verkiesing as staatsman homself as kampvegter vir sy land se lugdiens verklaar.
Toe hy aan bewind gekom het in 2015 het sy land se nasionale lugdiens slegs een vliegtuig besit, berig die BBC. Air Tanzania beskik nou oor 15.
Tanzanië het die herlewing van sy lugdiens sentraal gemaak tot ’n groter ekonomiese visie waarin die land ’n sentrum vir vervoer, handel en toerisme in die streek word. Hy ag dié beoogde hupstoot tot sy toerismebedryf – sy grootste verwerwer van buitelandse valuta – as van kernbelang tot sy ekonomiese vooruitgang.
Ladislaus Matindi, uitvoerende direkteur van die Tanzaniese lugdiens, het aan Reuters gesê reëlings is getref om die passasiers van Vrydag se vlug op ’n ander vliegtuig te sit.
Dit is wel nie die eerste keer wat so iets met Tanzanië gebeur nie.
In 2017 was daar ’n soortgelyke geval in Kanada.
’n Q400-vliegtuig is toe in beslag geneem en is eers in Maart 2018 teruggegee toe Magufuli ’n afvaardiging van beamptes na Kanada gestuur het om die land se skuld aan ’n individu te vereffen.
–Reuters, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie