Su00f3 kan jy u2019n boef op afspraak-apps uitken
Su00f3 kan jy u2019n boef op afspraak-apps uitken

Só kan jy ’n boef op afspraak-apps uitken

In die meeste gevalle word die slagoffer deur ’n veel jonger, aantreklike persoon gekontak waarop hy of sy halsoorkop verlief raak.
Valentynsdag is om die draai en dis weer tyd vir booswigte om te woeker op gewilde afspraak-apps soos OkCupid en Tinder.

Sulke apps kan van groot waarde wees vir diegene op soek na nuwe liefde, maar daar is ook groot risiko’s wat daarmee gepaardgaan.

Swendelaars doen hulself voor as galante here, maar is eintlik net op die app om ander te manipuleer of te besteel. Soms kan dit selfs ’n kuberkraker wees wat jou vertroue probeer wen om uiteindelik toegang tot jou werkplek se rekenaarstelsels te verkry, veral as jy in ’n senior pos is of met die maatskappy se geldsake werk.

In die meeste gevalle word die slagoffer deur ’n veel jonger, aantreklike persoon gekontak waarop hy of sy halsoorkop verlief raak.

“Baie keer betaal die slagoffer groot bedrae geld oor aan die swendelaar voordat hulle agterkom hulle is met ’n slap riem gevang,” sê Anna Collard, besturende direkteur by KnowBe4, ’n onderneming wat opleiding in kuberveiligheid bied.

Collard het raad oor hoe om ’n swendelaar myle ver uit te ken.

1. Sy is beeldskoon

As sy in elke foto soos ’n wafferse model lyk met ’n volmaakte uurglasfiguur en die gelaatstrekke van ’n Hollywood-aktrise, is dit waarskynlik te goed om waar te wees. As sy ook net een foto op haar profiel gelaai het, hou eerder verby.

2. Hy maak verskonings om in lewende lywe te ontmoet

Die sleutel tot hierdie tipe swendelary is dat die slagoffer en die booswig nooit in lewende lywe ontmoet nie, of as hy dit wel doen, lyk hy nie naastenby soos op sy foto’s nie. Soms klink sy stem ook heel anders as oor die foon, iets wat hy sal probeer verduidelik deur te sê hy het ’n verkoue of iets dergeliks.

3. Sy kom van ’n vreemde land

Die swendelaar kom byna altyd van ’n eksotiese land ver van hier wat dit moeilik of bykans onmoontlik maak om haar in lewende lywe te ontmoet.

4. Die aanvanklike kontak kom van die swendelaar

Nie net is die hubare metgesel superaantreklik nie, hy maak ook al die eerste skuiwe.

Hy kontak die slagoffer eerste en reageer baie vinnig en opdringerig op boodskappe. Dit lyk nie asof hy skaam of onseker oor homself is nie.

5. Die swendelaar is oornag verlief

Hoe lank moet dit neem voordat ’n vrou vir jou sê sy is lief vir jou op ’n afspraak-app? Tog seker nie ná net ’n paar dae nie . . .

6. Die swendelaar verkies e-poskommunikasie

Waarom verkies swendelaars e-pos? Omdat die swendelaar gewoonlik probeer om honderde tot duisende mense gelyktydig te bedrieg. Sy aanlyn profiel sal waarskynlik ook gou verwyder word as daar genoeg klagtes daaroor ontvang word. Per e-pos kan hy aanhou gesels en kan niemand hom keer nie.

7. Die e-posadres stem nie ooreen met die naam nie

As die e-posadres nie naastenby met die persoon se gegewe naam ooreenstem nie, bly weg.

Byvoorbeeld as Katrina Korkova aanvoer haar e-posadres is [email protected], hardloop liefs vinnig en ver.

8. Hy beweer hy is beroemd of beskik oor ’n doktorsgraad

Volgens ’n peiling op die afspraakwebwerf SeekingArrangement.com het 37% van swendelaars beweer hulle beskik oor ’n doktorsgraad.

9. Swak spelling en/of taalgebruik

Vindingryke boewe gebruik deesdae ook rekenaarprogrammatuur om op boodskappe te reageer. Swak spelling en taalgebruik is duidelike tekens dat alles nie pluis is nie. Veral as die persoon aanvoer sy beskik oor ’n doktorsgraad, maar sy kan nie eens eenvoudige woorde reg spel nie.

10. Geld, geld, geld

’n Ware swendelaar is nooit te skaam om vir geld te vra nie. Hy sal verskeie verskonings uitdink, soos ’n siek familielid of dat hy geld vir ’n visum benodig om vir jou te kom kuier.

Slim vang sy baas

Daar is maklike maniere om te bewys of iemand wat jy op ’n afspraak-app ontmoet het, ’n swendelaar is.

1. Vra vir ’n onlangse foto

As sy weier, voer aan jou ouers of beste vriend glo jou nie dat sy werklik bestaan nie en eis ’n foto as bewysstuk. As sy dan steeds weier, is sy in alle waarskynlikheid ’n bedrieër.

2. Doen ’n soektog na sy foto’s

Jy kan op Google ’n soektog doen na foto’s om te bepaal of dit elders op die internet gebruik is.

Gaan na Google Images en laai die man se foto op. Jy sal dan in die resultate kan sien waar die boef dit waarskynlik gekry het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042