Só kan dit nie aangaan nie, sê Dobson

Rugby
Stephen Nell – John Dobson, afrigter van die Westelike Provinsie, is welbekend vir sy lojaliteit, maar hy gaan dalk ’n ongewilde besluit of twee moet neem om sy span se Curriebeker-veldtog, en waarskynlik ook sy eie bas, te red.
Een so ’n besluit kan wees om vir Damian Willemse, sy voorkeur-losskakel, vir Saterdag se kragmeting met die Leeus op Ellispark in Johannesburg te pos.
Willemse se stelskopwerk was weereens swak in die afgelope naweek se nederlaag van 20-22 teen die Bulle op Nuweland en saam met Tim Swiel se verbroude doelskop het die Streeptruie met net twee van hul ses skoppe pale toe geslaag.
’n Ongedwonge fout waar hy die bal van ’n afskop aangeslaan en ’n individualistiese benadering toegepas het, het beteken dat Willemse ná ’n goeie vertoning teen die Cheetahs vir die Stormers nou weer twee treë agteruit geneem het. Hy het selfs van naby aan die Bulle se pale in die kwartgebied misgekorrel toe die WP in die eerste helfte met 3-5 agter was.
Dobson erken dat dit nie volhoubaar vir die WP is om só met die stelskopwerk aan te gaan nie.
“As jy sewe-uur op ’n Saterdagaand ’n amperse toets speel, gaan daar min tussen die spanne te kies wees. Jy moet die geleenthede kan benut wanneer die telling in ’n nagwedstryd op Nuweland 3-5 is,” sê hy.
“Ons gaan moet nadink oor die feit dat ons baie geleenthede nie in punte omskep nie. Ek is teleurgesteld met hoe ons in die laaste tien of 15 minute verdedig het, maar agt punte deur twee strafdoele en ’n doelskop kon dit ’n ander storie gemaak het.
“Ons praat daaroor en ek’s nie seker wat die oplossing is nie. Ons kan nie so aangaan nie.”
Die WP het in die eerste helfte eintlik takties goed gespeel. Warrick Gelant veral het sy skopvoet oordeelkundig gebruik en selfs Willemse het sy deel gedoen om die Bulle in hul eie gebied vas te pen.
Met die Kapenaars se wedstrydplan het daar niks geskort nie, maar daar’s nie meedoënloosheid te bespeur nie en hul besluitneming is swak.
Waarom is Swiel byvoorbeeld in die pylvak van die wedstryd nie gevra om pale toe te korrel vir ’n moontlike voorsprong van agt punte nie? In stede daarvan is ’n lynstaan in die Bulle se kwartgebied verbrou en die sielkunde van die wedstryd op sy kop gekeer.
“Ons het die eerste helfte oorheers en moes beslis meer punte aangeteken het,” sê Dobson.
“Soms raak ’n span begeesterd wanneer hy met 14 spelers moet speel,” voeg hy by oor die feit dat die Bulle die wedstryd gewen het nadat hul loskopstut, Jacques van Rooyen, vroeg in die tweede helfte ’n rooikaart vir ’n skouerloop op Gelant gekry het.
“In die tweede helfte was ons swak by die afbreekpunte en het ons die bal swak beheer. Dit was ’n baie swak vertoning in die tweede helfte.”
Om vir Willemse te pos, sal nie ’n maklike besluit wees nie. Hy het immers in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi vir die Springbokke gespeel. Swiel en die groentjie Kade Wolhuter is die alternatiewe opsies in die nr. 10-trui.
’n Mens moet egter nie die fout maak om net vir Willemse vir kritiek uit te sonder nie. Op skrumskakel was Herschel Jantjies se balverspreiding swak, wat beslis nie die spelers om hom se taak vergemaklik het nie.
Soos altyd het die Kapenaars se voorry hul uitstekend van hul taak gekwyt, maar agter hulle gebeur daar eenvoudig nie genoeg nie.
– Netwerk24


FOTO’S
Die agtsteman Juarno Augustus was onder die WP se min uitblinkers in Saterdag se Curriebeker-nederlaag teen die Bulle op Nuweland. Foto Gallo Images

Die onbesonge Bulle-losskakel Chris Smith se temperament met sy skopstewel laat in die wedstryd behoort as ’n voorbeeld vir die WP se stelskoppers te dien. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042