‘Ryk’ daggaboer Tyson boks nie vir geld

28 July 2020 | Sport
’n Mens wonder of Mike Tyson sal instem vir ’n dwelmtoets voor sy komende vertoongeveg teen Roy Jones Junior.
Indien wel, sal hy byna vir seker positief vir dagga toets. Die voormalige swaargewigbokskampioen van die wêreld is nie net ’n daggaboer nie, maar ook ’n daggaroker.
“Ek het vir langer as 20 jaar geboks en my lyf het baie straf verduur,” het Tyson onlangs aan Cannabis Tech Today gesê.
“Ek het twee operasies gehad en ek gebruik dagga om my senuwees te kalmeer en die pyn weg te neem.”
Hoewel wetgewing oor die gebruik van dagga nou al ’n paar jaar wêreldwyd verslap is, is dit steeds op die boksowerhede se lys van verbode middels.
Dis in hierdie stadium nog onseker wie presies Tyson se vertoongeveg teen Jones gaan aanbied en of daar enigsins dwelmtoetse gedoen sal word voor of ná die tyd.
Tyson, wat voorheen ook aan dwelms soos kokaïen verslaaf was, het vier jaar gelede ’n daggaplaas in Kalifornië gekoop.
Mense wat dink dat hy weer begin boks het omdat hy geld nodig het, rook egter een van daardie sigarette.
Die ou grote verdien jaarliks minstens $500 000 uit die verkope van daggaprodukte wat op die plaas vervaardig word.
Volgens die International Business Times dink Tyson daaraan om ’n tipe “universiteit” te begin om daggaboere op te voed.
Hy wil glo ook ’n vakansieoord open en ’n musiekfees aanbied. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...