Ryers jaag hard vir reekspunte
Ryers jaag hard vir reekspunte

Ryers jaag hard vir reekspunte

Enduro
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Sodra die vyfde van sewe Enduro-rondes môre naby die Otjihasemyn oos van Windhoek afgehandel is, het moto-crossjaers in die onderskeie klasse net nog op 22 September en 20 Oktober kans om vir oulaas kosbare kampioenskapspunte in te samel.

Nadat die Funduro in Februarie naby die Otjihasemyn aangebied was, het vanjaar se kampioenskap amptelik op 17 Maart by Omakwara afgeskop waarna Lichtenstein op 14 April en Uis op 16 Junie gevolg het. Die laaste byeenkoms was op 14 Julie by Abbabis (Karibib) gehou.

In die ope klas is Henner Rusch met sy KTM tans met 74 punte die voorloper en Marcel Henle (KTM) op 57 tweede, terwyl Günther Gladis (KTM, 49) derde lê.

Sewe kampioenskapspunte agter Gladis in die vierde posisie is Heiko Stranghöner (KTM, 42), met die res van die veld wat nie sommer meer die voorlopers sal inhaal nie.

Strawwe kompetisie word nogtans tussen die manne verwag, want enigiets is moontlik met goeie posisies wat deelnemers kan behaal. Slegs die eerste 15 jaers wat die uitdaging oorwin verdien punte. Dis twintig vir ’n eerste plek, 17 vir tweede, 15 vir derde en so aan tot een puntjie vir 15de.

Henle het weens ’n besering nie by Uis gejaag nie en sal ook nie môre sy verskyning op die baan maak nie. Gevolglik sal Rusch, wat vanjaar bykans foutloos op sy ysterperd vertoon het, in teorie net die kompeterende Gladis en Stranghöner in toom moet hou.

Rusch, wat tans met 17 punte die voorloper is, moes in die eerste ronde die knie teen Henle buig, maar het in die tweede ronde die bordjies verhang. In die derde ronde was Henle opnuut eerste, Rusch tweede en Pascal Henle derde. Ronde vier by Karabib het weer aan Rusch behoort met Gladis tweede en Nickle Visser derde.

Indien Rusch sy wenpeil behou, kan hy weer soos in 2017 as kampioen bekroon word.

Klas vyf (jaers ouers as 38): Werner Wiese (64 punte) en Martin Kruger (61) is tans stewig in beheer van die meestersklas, terwyl die 2017-kampioen, Jorn Greiter, in die derde posisie met 49 punte die voorlopers met strawwe kompetisie op hul tone sal hou.

Greiter kon beslis met beter punte gespog het, maar het nie by Karibib deelgeneem nie. Ingo Waldschmidt (KTM) het vanjaar nog net twee keer gejaag en beide keer in die eerste plek geëindig om 40 punte te verdien en sal soos altyd dopgehou moet word.

Ondersteuningsklas: Oliver Rohrmüller is tans met 66 punte stewig in die saal. Jürgen Gladis (55), die 2017-kampioen, sal môre opnuut sy merk teen Rohrmüller en Jaco Husselman (derde, 44 punte) wil maak om sy sukses van verlede jaar te herhaal. Net Rohrmüller kon al vier vorige rondes voltooi (2de, 3de, 2de, 2de), terwyl Gladis een keer nie kon klaarmaak nie en Husselmann een keer gediskwalifiseer was.

Klas tien: Die vlieënde JL Oppermann wat sy vierwielmotorfietse vir twee wiele verruil het, kraai tans koning met 80 punte. Sy naaste kompetisie is André Marais (51) en Rhys Cragg op 47 punte.

Oppermann het vanjaar al vier rondes gewen, terwyl Marais vier voltooi het (5de, 6de, twee keer 3de) en Cragg ongelukkig was om by Karibib ’n 12de plek te behaal. Cragg het in sy eerste drie rondes twee derde plekke en ’n vierde plek behaal en is beslis nog in die wedloop vir ’n podiumposisie in die kampioenskap.

Ontwikkelingsklas: Dylan Hilfiker is tans met 25 punte voor die jong Zoe Waldschmidt (50) in die eerste posisie met 75 punte en André Barnard derde op 45. Twaalf ywerige jaers neem vanjaar in dié klas deel waar ouers of ’n ervare ryer saam met die jaertjies vir leiding en toesig kan ry, maar dit weerhou nie die jong kompeterende brigade in hul entoesiasme om mekaar die stryd aan te sê nie.

Môre se vyfde ronde van die Namibiese nasionale Enduro-kampioenskap naby die Otjihasemyn beloof om opnuut opwindende uithourenne te verskaf. Die Enduro-klub nooi mense om die dag saam met hulle te gaan geniet. Die prysuitdeling sal môreaand by DTS in Olympia plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014