Rust: Vrae oor post mortem-verslae
Rust: Vrae oor post mortem-verslae

Rust: Vrae oor post mortem-verslae

Die eerste sessie van die verhoor van die jong boer wat van die moord op ’n wildstroper beskuldig word, het gister geëindig met aantygings van beweerde onreëlmatige optrede van ’n aanklaer.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Een van die staat se getuies in die Kai Rust-moordverhoor, mnr. Ndara Njamba, ondersteun die verdediging se betoog dat die skietvoorval waartydens 'n stroper dood is, "'n tragiese gebeurtenis" was.
Dít het die streekshof in Windhoek gister gehoor.
Rust staan tereg op een klag van moord en drie van poging tot moord nadat 'n wildstroper, Andreas Ukandanga, in Januarie 2016, op die familieplaas naby Okahandja tydens 'n skietvoorval dood is.
Mnr. Jan Wessels, Rust se regsverteenwoordiger, het gister aan landdros Alexis Diergaardt gesê die staatsaanklaer in Rust se eerste borgtogaansoek het die hof probeer oortuig dat dit nie ’n opslagkoeël was wat Ukandanga getref het nie.
In Rust se eerste borgtogaansoek verlede jaar het die verdediging betoog dat ’n opslagkoeël die oorledene getref het.
Volgens Wessels bevestig die mediese post mortem-verslag van dr. Paul Ludik dié afleiding.
Volgens Ludik se verslag het Ukandanga drie littekens aan sy linkerskouer gehad en ’n ingangswond aan sy skouer, maar geen uitgangswond nie.
Wessels het gister bekend gemaak dié inligting is van die eerste borgtogaansoek "weggehou".
Hy het voorts gesê "vals inligting was in die polisiedossier".
Volgens Wessels het ’n tweede post mortem-verslag 10 maande ná die voorval beweer die slagoffer is deur ’n koeël aan die regterkant van sy nek getref.
Volgens Wessels is daar egter nie ’n enkele foto wat dié bevinding staaf nie.
Tydens kruisondervraging het Njamba erken sy eerste polisieverklaring het nie gemeld dat Rust op hom en sy twee voortvlugtende vriende geskiet het nie.
Wessels het aan Njamba gestel dat sy tweede verklaring, sowel as dié van die twee ander stropers eers in onderskeidelik September en Oktober 2016, agt maande ná die skietvoorval op 27 Januarie, afgelê is.
In dié verklarings sê die stropers daar is op hulle geskiet toe hulle gevlug het - anders as in die oorspronklike verklarings.
Njamba het tydens ondervraging deur die staatsaanklaer getuig vier skote is afgevuur.
Volgens hom het die eerste die oorledene getref, die tweede die stropers se hond, en twee is afgevuur toe hulle gevlug het.
Wessels het dit aan Njamba gestel dat die aanklaer in die borgtogaansoek beweer het die oorledene is met die laaste van die vier skote doodgeskiet.
Volgens Wessels het die aanklaer gesê die beskuldigde het na die oorledene gehardloop en hom "in teregstellingstyl geskiet”.
Die plaaswerker van die Rusts en familielid van Njamba, mnr. Frans Njamba, het tydens die borgtogaansoek getuig daar was vier skote, twee wat in die lug afgeskiet is.
Mnr. Frans Njamba was by Rust tydens die skietvoorval.
Wessels het genoem sy kliënt sal getuig hy het vier skote afgevuur, die eerste wat vermoedelik as opslagkoeël die oorledene getref het.
Daarna is nog twee skote in die lug afgevuur en die vierde het die stropers se hond getref.
Onder kruisondervraging deur Wessels het Njamba eers gesê hy en sy vriende het saam besluit om die dag van die skietvoorval te gaan jag.
Hy het later erken hulle is deur sy familielid, Frans Njamba, wat op die Rusts se plaas in diens was, “genooi” omdat die boer nie by die huis was nie.
Die verhoor duur vandag voort.
Staatsaanklaer Philemon Nuau tree namens die staat op.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.10/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.90/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.13/OZ DOWN -0.0052 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.10/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.90/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.13/OZ DOWN -0.0052