• Tuisblad
  • Sake
  • Russe kry kontrak van R5 mjd. om gas te soek
Russe kry kontrak van R5 mjd. om gas te soek
Russe kry kontrak van R5 mjd. om gas te soek

Russe kry kontrak van R5 mjd. om gas te soek

PetroSA het ’n kontrak van US$400 miljoen (R5,1 miljard) met die Russiese staatseksplorasiegroep Rosgeo gesluit om vir aardgas aan die Suid-Kaapse kus te soek.

Dit kom te midde van kwynende gasbronne by PetroSA se bestaande FA-gasveld wat gas aan die gas-tot-brandstofaanleg by Mosselbaai lewer.

Daar blyk groot opgewondenheid by PetroSA oor die ooreenkoms te heers omdat verneem word die Russiese maatskappy gaan die volle koste van die eksplorasiewerk dra.

PetroSA se vorige poging om nuwe gasbronne te vind – Projek Ikhwezi – het nie soveel gas opgelewer as waarop gehoop is nie en dit het bygedra tot die staatsoliemaatskappy se verlies van meer as R14 miljard in die vorige boekjaar.

Die jongste ooreenkoms met Rosgeo is tydens die Brics-beraad in Xiamen, China, gesluit, luidens ’n verklaring van PetroSA.

Ingevolge die ooreenkoms sal Rosgeo eksplorasiewerk in blokke 9 en 11A aan die Suid-Kaapse kus doen. Dit strek oor ’n reusagtige gebied in die suidelike Indiese Oseaan van meer as 4 000 km². Dit sluit 3D- seismiese opnames in asook gravitasie-magnetiese eksplorasie en die sink van eksplorasieboorgate.

PetroSA sê hulle hoop die projek loop uit op die ontginning van 4 miljoen m³ se aardgas per dag.

As PetroSA nie binnekort nuwe gasbronne ontdek nie, sal hy aardgas moet invoer, die gas-tot-brandstofaanleg in ’n olieraffinadery moet omskep, of as laaste uitweg dit moet sluit. PetroSA voer reeds gaskondensaat in om die aanleg te voer.

’n Vorige plan om ’n aardgas-invoereindpunt by Vleesbaai te bou, is deur omgewingsbesware gekelder.

Roman Panov, uitvoerende hoof van Rosgeo, sê hulle sal die jongste tegnologie gebruik vir die eksplorasiewerk.

Luvo Makasi, voorsitter van die Sentrale Energiefonds, sê die projek is uiters belangrik om PetroSA se voortbestaan te verseker.

Volgens hom is die olie- en gaspotensiaal aan die Suid-Afrikaanse kuslyn nog grootliks onbenut.

Nhlanhla Gumede, waarnemende voorsitter van PetroSA, sê as gas in blok 9 en 11A gevind word, sal dit eksplorasie-aktiwiteite in die land aanwakker. Vir PetroSA sal dit beteken dat hy goedkoper gasvoorraad kan gebruik.

Blok 9 is ’n omvattende eksplorasiegebied in die sogenaamde Bredasdorp-kom waarbinne PetroSA se bestaande FA-gasveld en sy Oribi- en Oryx-olievelde val, asook waarin pogings aangewend is om Projek Ikhwezi uit te voer. Blok 11A is ’n veel kleiner eksplorasieblok ’n paar honderd kilometer wes daarvandaan suid van die Tsitsikamma-kus.

Dis nie bekend presies watter belang Rosgeo in die blokke sal hê nie. By bestaande eksplorasieblokke waar private vennote betrokke is, wissel PetroSA se belang van 20% tot 50%. In blok 3A/4A aan die Weskus het PetroSA ’n belang van 50% en Sasol besit die ander 50%. In ’n reuse-blok suidwes van Kaapstad het die Amerikaanse groep Anadarko ’n belang van 80% en PetroSA 20%. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%