Rusch kraai reeds koning
Enduro
Tielman van Lill - Die sewende en laaste byeenkoms van die nasionale Enduro-kampioenskap vind môre in die omgewing van die stortingsterrein langs die Kupferbergpad plaas waar nuwe uitdagings op die ryers wag.
Dié venue is lanklaas vir ’n kompetisie gebruik en die roete gaan beslis die beste tegniese vernuf van die deelnemers vereis wat vir oulaas kampioenskapspunte wil inoes.
Henner Rusch (114 punte) het reeds die nasionale ope-klas as kampioen gewen met Günther Gladis (77) tweede, terwyl die derde posisie nog glad nie vir seker deur ’n jaer bespreek is nie.
Indien Marcel Henle (57) kan deelneem, sal hy rekenskap met Heiko Stranghoehner (55), Rainer Sentefol (52) en Kai Hennes (50) se aanslag moet hou.
In die meestersklas gaan die aksie môre tot op die spits gedryf word met Martin Kruger en Werner Wiese wat beide met 91 punte spog. ’n Kortkop agter hulle is Jörn Greiter (89) wat seker gaan maak dat dié twee voorlopers hom nie onder die stof gaan ry nie.
Wie gaan die titel vat? As daar gekyk word na Greiter se peil waarmee hy die laaste twee kompetisies gewen het, is hy beslis die gunsteling om die voorlopers te wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
Ondersteuningsklas: Oliver Rohrmüller (103) het reeds die kampioenskap met ’n voorsprong van 29 punte by Jürgen Gladis (74) en Jaco Husselmann (72) afgevat, maar wie gaan môreaand in die tweede en derde posisie op die podium staan?
Selfs Rian Kritzinger (62) en Quinton van Rooyen (61) kan nog die twee manne vir ’n finale plek in die kampioenskap skrikmaak.
Beginners: Vir die jaers in dié onderskatte klas wag daar môre sekerlik ’n verrassing of twee by die asgate.
JL Opperman, wat onlangs nog die kwadafdeling oorheers het, het vanjaar vyf van die sewe byeenkomste gewen om met 100 punte in die kampioenskap voor te loop.
Husselman sal egter seker moet maak dat hy André Marais (83) se aanslag afweer, want ’n oorwinning kan Marais die kampioenskap met 103 punte laat buit.
In die derde posisie is Rhys Cragg met 67 punte wat beslis nie gaan toelaat dat Husselmann en Marais maak wat hulle wil nie.
Ontwikkelingsklas: By die junior deelnemertjies is Dylan Hilficker (112) se naam reeds as kampioen op die trofee gegraveer met André Barnard (75) wat seker van sy tweede plek is.
Keanan Simpson (52), Levin Quinger (50) en Zoë Waldschmidt (50) gaan mekaar egter in ’n verbete stryd om die derde plek pak, met Caleb Rusch (41) wat hulle gaan jaag.
Die Namibië Enduro-klub se jaarlikse prysuitdeling vind op Saterdag 3 November in die hoofstad plaas. Die jaers en klub nooi belangstellendes hartlik uit om die dag saam met hulle deur te bring.
Vir meer inligting kan www.namibianenduro.com besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie