Ruiz smokkel met Joshua se kop

Clash on the Dunes sal bekke toets
Michael Green

Andy Ruiz verwag hierdie naweek ’n taaier geveg teen Anthony Joshua, maar sê terselfdertyd al die druk is op die Brit.

Ruiz het Joshua in Junie in ’n skok-uitslag as swaargewigkampioen van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksfederasie en Internasionale Boksorganisasie onttroon.

Hulle pak mekaar Saterdag weer in Diriyah in Saoedi-Arabië.

“Ons sal moet sien wat hy doen, want al die druk is op hom. Die druk is nie op my nie, want ek het my droom gevolg en dit verwesenlik," het Ruiz aan Reuters gesê.

Ruiz het Joshua in hul vorige geveg in Madison Square Garden vier keer platgeslaan.

Hy verwag egter dat Joshua hierdie keer versigtiger sal wees.

‘‘Maar as hy wil baklei, sal dit vir my beter wees. Ek hou daarvan om te baklei, dis die tipe vegter wat ek is,’’ het Ruiz gesê.

‘‘Een hou kan die geveg verander. Dis wat in Junie gebeur het. Dit kan hierdie keer ’n bietjie moeiliker as die vorige keer wees.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer