Ruimteman sien ‘olifant’ by Sossusvlei
Ronelle Rademeyer - Die ruimtevaarder Jeff Williams het die naweek 'n foto getwiet wat uit die Internasionale Ruimtestasie (IRS) geneem is van die duinegordel by Sossusvlei en, so wrintiewaar, daar staan 'n olifant!
Nie 'n regte, egte olifant nie, maar wel die afbeelding van 'n olifant se kop en slurp in die patrone wat die duine vorm.
Die IRS is ’n navorsingsprojek wat gesamentlik deur verskillende lande aangepak is en dien as 'n ruimtelaboratorium. Dit is stuk-stuk op ’n lae wentelbaan om die aarde gemonteer. Die bouwerk het in 1998 begin en is sowat vier jaar gelede voltooi.
Met die grootte van 'n wolkekrabber, is dit die grootste ruimtestasie wat nog gebou is.
Na verwagting sal die ruimtestasie tot ten minste 2020 of dalk selfs tot 2028, operasioneel bly.
Die ruimtewetenskaplikes doen binne 'n omgewing van mikrogravitasie proefnemings in studievelde soos die fisika, sterrekunde, weerkunde en biologie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie