Rugbyseisoen gekanselleer
Rugby
Die Namibië Rugby-unie (NRU) het eindelik besgegee op sy verbete pogings om indien moontlik ’n gedeelte van die 2020-seisoen wedstryde tussen klubs in die premierliga te laat geskied.
In ’n nuusverklaring het die NRU pas bekend gemaak dat alle rugby-aktiwiteite vir die res van die jaar gestaak is. Die finale besluit is gisteraand tydens ’n raadsvergadering in konsultasie met die klubs bereik, nadat sommige van die topklubs reeds weke gelede hul onttrekking aangekondig het.
“Hierdie kansellasie is gedoen op grond van ’n evaluering van die risiko vir ’n terugkeer na aktiewe spel, met inagneming van die voorkomende maatreëls teen Covid-19 wat in elke deel van die land van toepassing is.
“Die NRU neem die veiligheid van spelers en ondersteuners ernstig op en het hierdie besluit in die belang van die spel geneem,” lui die nuusverklaring wat deur die NRU-president, mnr. Corrie Mensah, onderteken is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie