Rugby se WB-groepe nou 33 spelers

23 February 2021 | Sport
Stephen Nell – Suid-Afrika se rugbyspelers sal voortaan mik om ’n 33-man Springbok-groep vir die Wêreldbeker-toernooi te haal, en nie 31 soos in die verlede die geval was nie.
Dit kom nadat Wêreldrugby ’n rits stappe aangekondig het ter bevordering van spelerwelsyn in die volgende toernooi wat van 8 September tot 28 Oktober 2023 in Frankryk beslis gaan word. Aanvanklik was beplan dat die toernooi op 21 Oktober sou eindig.
Die stappe waarop besluit is, is:
• Alle spanne sal ’n minimum van vyf rusdae tussen groepwedstryde hê om met fisieke herstel en voorbereiding te help.
• Die groepfase gaan met ’n week verleng word om aan die vereiste van bykomende rus te kan voldoen.
• Toegelate groepe van 33 spelers om met die bestuur van groepe te help.
• Die reistogte wat spanne moet aanpak, sal so min en kort as moontlik wees.
Bernard Laporte, Wêreldrugby se ondervoorsitter, sê spelers se welsyn is boaan op die beheerliggaam se agenda.
“Die bykomende week gaan baie goed vir ons spelers se gesondheid wees. Dit sal hulle genoeg kans gee om tussen wedstryde te herstel en ook verseker dat die gehalte van die rugby op die hoogste moontlike standaard is,” sê hy.
“Deur die toegelate getal spelers vir groepe van 31 tot 33 te verhoog, wys hoe toegewyd ons daartoe is om spelerwelsyn te verbeter.”
Die stappe is gedoen nadat die Rugby World Cup se direksie, Wêreldrugby se uitvoerende raad, die toernooi se beplanningskomitee en die International Rugby Players (die spelersvereniging) koppe bymekaargesit het.
Brian O’Driscoll, die voormalige Ierse senter wat die spelers in Rugby World Cup se direksie verteenwoordig, sê rugby het te fisiek en mededingend geraak dat wedstryde vinnig ná mekaar gespeel kan word.
“Alle spanne het dit moeilik gevind, veral die spanne sonder die diepte van die groot lande. Hierdie is ’n positiewe stap vir die spel en verdere bewys dat International Rugby Players en Wêreldrugby in belang van die spel saamwerk,” sê O’Driscoll.
• Die wedstrydprogram vir 2023 se WB-toernooi word Vrydag bekend gemaak.
– Netwerk24

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

6 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

6 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

6 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

6 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

6 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

6 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...