Rudi Witulski vandag tuis

03 July 2020 | Mense
Ronelle Rademeyer – Dit was 'n gewerskaf gister in die Witulski's se huis op Walvisbaai. Twee-en-veertig dae nadat Namibië se geval 22 in 'n kritieke toestand met Covid-19 in die Welwitschia Private Hospitaal opgeneem is, keer mnr. Rudi Witulski (63) vandag terug huis toe na waar sy vrou en hul vier poolhonde (Huskies) op hom wag.

“Hy is nog baie swak en sal vir eers in 'n rolstoel wees,” vertel me. Yvonne Witulski (60), wat gister die tuin natgelei en alles tuis gereed gekry het vir wanneer hy ontslaan word.

Hy is op 22 Mei in die hospitaal opgeneem en op 24 Mei na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas, waarna dit bekend gemaak is hy het positief vir Covid-19 getoets.

Rudi, wat 'n diabeet is, moes geventileer word en is in 'n geïnduseerde koma geplaas.

Van oraloor het boodskappe van ondersteuning en bemoediging ingestroom terwyl Yvonne daagliks op Facebook oor sy toestand verslag gedoen het.

Op 6 Junie het sy laat weet die dokters gaan begin om hom van die ventilator te speen. Op 12 Junie skryf sy: “My hart is gebreek, want hy is so siek en so swak en ek kan nie langs sy bed wees om sy hand vas te hou en hom krag te gee om te veg nie.”

Op 16 Junie skryf sy: “Beste, opwindendste en vreugdevolste nuus – Rudi kon gisteraand 'n paar woorde met my praat (oor die selfoon), baie swak, maar hy praat. Daar is lig aan die einde van die tonnel.”

Haar boodskap gister aan Namibiërs was om nie paniekerig te wees nie. “Rudi het bewys daar is hoop,” sê sy.

Sy is vol lof vir die dokters en verpleegpersoneel by die hospitaal en sê sonder hulle en “die mense oraloor die wêreld” wat vir hom gebid en haar in liefde ondersteun het, sou sy en haar kinders nie deur hierdie moeilike tyd gekom het nie.

“Ons is 'n baie hegte gesin; die perfekte familie,” sê sy oor die band tussen haar, Rudi en hul kinders, Dieter en Monica, asook skoondogter Tatjana en aanstaande skoonseun, Stephen.

Die Witulski's bedryf 'n familie-onderneming op Walvisbaai, Electro Freeze. Einde April was Rudi aan boord van 'n vragboot wat vis en sout na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) vervoer. Hy het die verkoeling van die vis op die boot gedoen.

Met hulle terugkoms is hy op 8 Mei toegelaat om huis toe te gaan en tuis te kwarantyn aangesien hy 'n skouer­besering gehad het. Sowat 'n week later het hy egter erge koors en hewige hoofpyne ontwikkel, gebraak en ook diarree gekry, vertel Yvonne, en sê sy dokter het gemeen dit is gastroënteritis. Dit is eers nadat hy so siek geword het dat hy hospitaal toe moes gaan, dat hy vir die coronavirus getoets is.

Yvonne sê aangesien hul seun Dieter in kwarantyn geplaas moes word omdat hy sy pa se pligte op die vragboot oorgeneem het, moes hulle die familie-onderneming tydelik sluit. Die ses werknemers is met betaling huis toe gestuur.

'n Lang pad van herstel lê nog vir hom voor, sê Yvonne. “Ek wens almal wat ons ondersteun het, kon vandag by die hospitaal wees as hy ontslaan word.”
- [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

7 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

13 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

1 dag gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

1 dag gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

1 dag gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...