Rubber Duc kook by ekspo

24 November 2020 | Byvoegsels
'n Viertal van Johannesburg het vier dae van topgehalte musiek op 'n hoë noot geopen met hul optrede by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE).

Nick Jordaan, Amiel Gopal, Brendan Campbell en Nick McCreadie was almal opgewonde oor hulle eerste optrede in Namibië, en het bygevoeg hulle hoop dit is die eerste van nog baie.

Hulle vertel hoewel hulle al reeds die grens tegnies gesproke oorgesteek het, sal dit hulle eerste werklike besoek aan die land wees.

“Ons het een keer op die Namibiese oewer van die Oranjerivier gekamp, maar ons het beslis nie die kans gehad om die land in al sy glorie te ervaar nie,” vertel hulle.

Die groep sê hulle is spyt hulle kan nie langer in Namibië bly om die land te verken nie.

“Met die Covid-situasie is dinge redelik deurmekaar en ons kan nie lank bly nie, maar ons sien uit om terug te keer sodra die omstandighede dit toelaat!”

Hulle beskryf hulle klank as akoestiese dansmusiek, oftewel ADM, maar voeg by dit is moeilik om hulle musiek tot een genre te beperk.

Hulle het verlede Woensdag voor 'n klein maar opgeruimde skare opgetree waar hulle ekspogangers se voete laat jeuk het met bekende treffers soos “Wellington” en “It's Alright”.

Die viertal kon skaars hulle opgewondenheid beteul oor hul splinternuwe enkelsnit “Come Again” wat op 11 November uitgereik is.

Hulle het saam met die Namibies-gebore Hugo Ludik aan dié snit gewerk. Ludik se band Adam het ook onlangs 'n nuwe gesig bygekry, en die ouens is opgewonde om in die toekoms saam met dié groep te werk.

Hulle gunstelingervaring in Namibië was “beslis die bier. Maar die lekker kos en die ongelooflike gasvryheid en gees onder die Namibiërs is beslis ook hoog op die lys”.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...