RSA-spanne lyk sterk vir Tour de Windhoek

Fietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die gesogte Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek- padfietstoer oor vier dae met ’n proloog en vyf skofte vir beide die elite-mans en -vroue het gisternamiddag om sesuur in die hoofstad weggespring.
Die elite-mans sal ongeveer 355 kilometer in totaal aflê, terwyl die elite-vroue 245 km ry.
Jaarliks laat die TdW plaaslike ryers proe hoe deelname aan die grootste meerdaagse fietstoere wêreldwyd verloop – met organiseerders wat vanjaar weer baie moeite gedoen het om die uitdaging vars en opwindend te hou.
Gisteraand se proloog van 5 km is gebruik om die eerste draer vir die voorloper se geeltrui in die eerste skof vanoggend by die Dordabispad te bepaal.
Die Von Bachdam se finale skof Sondag oor 77 km (mans) en 53 km vir die vroue is dalk die kortste afstand, maar die skerp klimme sal met reg die Koning en Koningin van die Berge se truiwenner bepaal. Dié roete sal vir oulaas die ryers se bene toets wat teen daardie tyd reeds ’n stewige byt sal begin voel.
Drikus Coetzee, die huidige elite nasionale Namibiese padfietskampioen, het die 2020-weergawe gewen nadat hy op die tweede dag die geeltrui by Tristan de Lange oorgeneem het. Hy het dit enduit verdedig om die kompetisie vir die eerste keer te wen.
Twee jaar tevore was Coetzee die beste Namibiese ryer, met Namibië se suidelike buurman wat die toer oorheers het.
Die Namibiese spanne sal opnuut strawwe teenstand van twee sterk besoekende Suid- Afrikaanse spanne ontvang.
Marc Pritzen van die Honeycomb Pro-span was nie verniet verlede jaar die Suid-Afrikaanse padfietskampioen nie. Die gebore Windhoeker was ook in 2019 die SA o.23-kampioen en het juis ook in daardie jaar die Tour de Windhoek as lid van die Office-Guru Racing-span gewen.
Pritzen het vanjaar met ’n kortkop derde in die SA kampioenskap geëindig. Reinardt Janse van Rensburg van Team Qhubeka was eerste, met Willie Smit van China Glory Cycling tweede.
Coetzee, Daniel Hahn, Alex Miller, Kai Pritzen, Kevin Lowe, Hugo Hahn, Xavier Papo, Ingram Cuff en Gerhard Mans is nie almal spanmaats nie, maar die plaaslike jaers sal dalk tog in ’n mate moet saamspan om die besoekende kontingent hok te slaan.
By die elite-vroue behoort die sterk span van Vera Looser egter min teenstand te kry. Sy, Courtney Liebenberg, Irene Steyn, Marion Schonecke en Silke Bean (Mannies Bike Mecca) sal moeilik geklop word en die gedugte Looser behoort die individuele titel te wen.
Monique du Plessis is ’n jong ryer wat geslyp word om eendag Looser se mantel te kan oorneem. Melissa Hinz, Anri Krugel en Hilde-Marie Olivier is ook individue wat nie misgekyk kan word nie.
Coetzee het aan Republikein voorspel dat die plaaslike mansryers net ’n uiters geringe wenkans staan: “Die twee Suid-Afrikaanse spanne gaan amok maak.
“Marc Pritzen behoort die indivuele gunsteling te wees om die toer te wen. Sy span is ongelooflik sterk en ons het nie dieselfde kwaliteitspanne om hulle aan te vat nie. As hy dit self nie wen nie, behoort een van die ryers in sy span dit te vat.”

ROETES EN AFSTANDE
DAG 1 gister: Proloog (5 km-naelrit).
DAG 2 (vandag). Eerste skof om 07:00 by Dordabispad: Elite-mans 109 km, elite-vroue 80 km. Tweede skof (spantydtoets) om 17:00 by Tony Rust-renbaan: Elite-mans 15.6 km (6x2.6 km rondtes), elite-vroue 10.5 km (4x2.6).
DAG 3 (môre). Derde skof begin om 07:00 by Pupkewitz Lifestyle- sentrum in Kleine Kuppe: Elite-mans 117 km, elite-vroue 79 km. Vierde skof (kermesse) begin om 17:00 by Pupkewitz Megabuild, rondom Snymansirkel en weer terug na Pupkewitz. Die elite-mans ry 40 minute plus een rondte van 1.7 km (ongeveer 31 km), elite-vroue 30 minute plus een rondte van 1.7 km (ongeveer 17 km).
DAG 4 (Sondag). Vyfde skof om 09:00 by die D2161- en D2102-pad by die Von Bachdam: Elite-mans 77 km, elite vroue 53 km.

DIE MANSPANNE
1 Mannies Bike Mecca: Daniel Abraham, Tyrone Kotze, Willie Junius, JD Engels, Adrian Key. 2 Cymot Elite: Daniel Hahn, Jurgen Sander, Kai Pritzen, Bergran Jensen, Kevin Lowe, Ethan L’Estrange.
3 Food Lover’s Market: John Valentin, Dean Hopf, Vernon Maresch, Konrad Marais, Heinrich Köhne.
4 Honeycomb Pro Cycling (Suid-Afrika): Damon Fouchee, Jason Eggett, Casper Kruger, Travis Barrett, Rickardo Broxham, Marc Pritzen.
5 Megatech Elite: Hans du Toit, Rinaldo Kruger, Konny Looser, Hugo Hahn, Alex Miller.
6 NCCS: Juries Titus, Wilbard Shoopala, Makenzy Eiseb, Danzel de Koe, Brandon Plaatjies, Jo Joe Hamunyela.
7 Cymot-Vets: Pierre Knoetze, Fanie Steenkamp, Anton Engling, JG van der Westhuizen, Cobus Smit.
8 PAY Marathon Sugar: Ryno van Wyk, Simon Johannes, Jafet Amukushu.
9 Pupkewitz Megabuild: Matt Husselmann, Ettiene Steenkamp, Theo Klein, Jurgen van Wyk, Lester Meyer, Xavier Papo.
10 Simonis Storm/Hollard: Gerhard Mans, Gerhard Breed, Ingram Cuff, Clinton Hilfiker, Drikus Coetzee, Heiko Diehl.
11 Team Cathy: Piet Laubscher, Herbert Peters, Jaco Hanekom, Jacques van Zyl.
12 RMB: Melki Hamukoto, Simon Kaita, Tuhafeni Hamundjebo, Maruen Kleopas.
13 TEG Procycling (Suid-Afrika): Brandon Downes, Alwyn Steenkamp, Flavio Venceslau, Andries Nigrini, Charles Lenczek, Tristan Cuthbert.

DIE VROUESPANNE
1 Mannies Bike Mecca: Vera Looser, Courtney Liebenberg, Irene Steyn, Marion Schonecke, Silke Bean.
2 Cymot: Jean-Marie Mostert, Binette Klein, Nicola Fester, Monique du Plessis, Sandra Lippert.
3 Food Lover’s Market: Hester Prins, Jo Pretorius, Melissa Hinz, Anri Krugel, Michelle Doman.
4 Hollard: Lelani Swart, Anneke Steenkamp, Zoe Mitchell, Maike Bochert.
5 PSG/Cycletec: Jonie Peters, Hilde-Marie Olivier, Lauren Davidson, Vicky Vosloo, Jana von Backstrom.

FOTO’s
Marc Pritzen, gebore Windhoeker wat reeds Suid-Afrika se nasionale kampioentrui gedra het, ry vir die Honeycomb Pro Cycling-span.

Drikus Coetzee, verdedigende kampioen, sê hy beskou Marc Pritzen van Suid-Afrika as die gunsteling in die vierdaagse Tour de Windhoek wat Sondag eindig. Foto Tielman van Lill


Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%