Rommeldrommel
Jare se lamlendige dissipline met die bestuur van die staatskas het Namibië Maandag uiteindelik ingehaal toe Fitch, skaars drie maande ná Moody's, ook die land se langtermynskuld afgegradeer het.
Die gevolg: 'n Dubbeldoor-rommelstatus vir Namibië.
Met twee van die wêreld se vernaamste kredietgradeerders wat nie langer vir die regering se mooipraatjies, slim planne en leë beloftes oor minder bestee, 'n kleiner begrotingstekort en laer skuld val nie, is Namibië se beeld kwaai geknou.
Net hoeveel keer het die regering gedink gaan hy met sy wegholrekening vir die boel staatsamptenare se vergoeding wegkom? Gaan sy voortdurende sny van die ontwikkelingsbegroting ten gunste van lopende uitgawes geïgnoreer word? Gaan dit aanvaarbaar wees om elke keer meer te leen om vir die begrotingstekort te kan betaal? Of die skuldlas op te jaag om die ekonomie kunsmatig met tydelike geldinspuitings en werkgeleenthede te stimuleer?
Terwyl belastingbetalers se swaarverdiende dollars op konferensies vir dinkskrums, witskrifte en bloudrukke gemors word waarvan die implementering hagliker as die staat se boekhoustel is.
Uitstaande rekeninge van miljarde dollar wat weens die regering se kontantkrisis nie betaal kon word nie en die private sektor nóg dieper in die resessie gedompel het, was waarskynlik die laaste strooi.
Nie net vir Fitch en Moody's nie, maar ook vir belastingbetalers. Ons is siek en sat vir die wanbestuur van ons geld sonder dat 'n haan ooit in die openbaar daarna kraai.
Die regering het baie vertroue om in te boesem. Namibiërs wag in spanning.
So sê ander
21 November 2017
Volksblad sê
Die brandende vraag midde-in die dramatiese ontvouing van gebeure in Zimbabwe is: Wat wat beteken dit vir Suid-Afrika?
Deur die dekades is Mugabe in Zimbabwe, elders in Afrika en veral in Suid-Afrika gehuldig as 'n groot bevryder van sy land van koloniale onderdrukking. Die verering het meegebring dat die oë gesluit is vir gebreke en toenemende vergrype.
Ook in ANC-kringe is dit verbode om bevrydingshelde te kritiseer, ondanks wrede onderdrukking en selfverryking. Eers wanneer staatsfunksies in duie stort en die bevolking rebelleer, word besin. Moet ons nog etlike jare die volle siklus van Zimbabwe volg voordat ingegryp word?
Die verandering in Zimbabwe gaan dalk eerder oor die beheer van staatsbronne en die loopbaan van bepaalde leiers as 'n brandende behoefte aan vryheid en goeie regering. Die tweede kans vir die land en sy leiers om met Mugabe se vertrek die regte koers in te slaan moenie verspil word nie.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie