Roepstem van 'n kusdorp

Die suidedorp wemel van versteekte juweeltjies.
Tanja Bause
Tanja Bause – Verskeie besighede op Lüderitz het koppe bymekaargesit en planne beraam om plaaslike mense na dié kusdorp te lok.

Onder die slagspreuk “Local is Lekker, maar Lüderitz is Lekkerder” het hulle 'n spesiale pakket vir Namibiërs uitgewerk wat tot einde Januarie 2021 geldig is. Mense kan die pakket in geheel aanvaar of net van 'n toer of twee gebruik maak sonder dat dit die prys beïnvloed.

Die besighede is Obelix Guesthouse, Zeepaard Boat Tours, Namib Offroad Excursions se Elizabeth-baai toere, Coastways Tours Lüderitz se Pomona- en Bogenfelstoer, Lüderitz Safaris & Tours se skiereiland en stadstoer en die Portuguese Fisherman-restaurant.

Volgens me. Brenda Kotze, die vrou agter die idee en slagspreuk, is almal in die toerismebedryf negatief deur die Covid-19-pandemie geraak.

“Ons hier op Lüderitz het die nadeel dat ons in 'n dorp bly met net een pad in en uit. Die pad begin op Aus en eindig 125 kilometer verder op Lüderitz. Namibiërs wil in die eerste plek nie so ver ry en dan nog op dieselfde pad heen en weer ry nie. Maar ons dorp is 'n besoek en die lang pad werd. Dit is wat ons nou probeer om vir Namibiërs te sê. Dis nie net woestyn en wind nie, kom kyk na ons ryk geskiedenis, die natuurskoon, ons besonderse baaie, geniet ons vars seekos en veral ons vriendelike mense,” het sy gesê.



Pomona en Bogenfels

Voordat 'n mens by die unieke rotsboog, die Bogenfels, uitkom, lei die toer saam met mnr. Ramon Druker van Coastways Tours Namibia verby die verlate myndorpe Grillenthal, Pomona en Bogenfels.

Pomona was 'n produktiewe dorp in die Sperrgebiet waar ongeveer 4 miljoen karaat diamante gevind en verwerk is. Meer as 800 mense het die dorp hul tuiste genoem. In die 1940's het die diamante minder geraak en die dorp het later heeltemal verlate geraak. In Pomona het nie net mynwerkers gewoon nie, maar ook families, dus het die dorp ook 'n klein skool gehad. 'n Begraafplaas met tien grafte kan 'n entjie uit die dorp gevind word. Die begraafplaas lê op 'n heuwel wat oor die woestyn uitkyk.

Die Bogenfels is sowat 100 km suid van Lüderitz geleë.

“Die boog is 'n natuurlike wonderwerk. Dit is 'n bergreeks waarvan die sagter sandsteen weggebreek en die harder kwarts en graniet oorgebly het. Die een been van die bergreeks staan in die water en die ander een op die land met water wat onder deurloop. Die boog is sowat 59 meter hoog en 18 meter breed. Daar is ook beweringe dat 'n klein vliegtuig deur die Bogenfels gevlieg het, maar ek was nie by nie, dus weet ek nie of dit wel so is nie,” het hy gesê.

Ramon is in Port Elizabeth in Suid-Afrika gebore. Sy pa was in daardie stadium vir werk daar gestasioneer.

“Ek is nou 39 en was slegs vir ses jaar nie op Lüderitz nie omdat my pa op ander plekke gewerk het.”


THE PORTUGUESE FISHERMAN


The Portuguese Fisherman is 'n nuwe restaurant in Lüderitz wat in 2018 sy deure oopgemaak het en in seekos spesialiseer.

Mnr. Joel Fontes is die eienaar en hoofsjef. Hy het as bouer oraloor die wêreld gereis en gewerk.

“Ek het sewe jaar gelede op Lüderitz aangekom om aan die ou kragstasieprojek te werk. Ek het op die mense en dorp verlief geraak en besluit ek gaan hier bly. Ek is ook, soos alle Portugese, baie lief vir kook en onthaal en my vriende het altyd gesê my huis is die beste restaurant op Lüderitz. Ek het toe gedink hoekom nie? Ek het besigheid en 'n liefde vir kook bymekaargesit en die restaurant oopgemaak.”

Volgens hom is die mense en dorp baie spesiaal en het die inwoners allerhande dekorasies en artefakte wat met die see, bote en visvang te doen het, vir hom gebring.

“Die kroeg is byvoorbeeld uit 'n boot gemaak wat hier gesink het en wat ek as geskenk gekry het. Die roeispane het verskillende mense gegee. Hier is ook 'n glasboei wat in iemand se huis was. Jy kry dit nie meer nie. Elke ding wat hier in die restaurant hang of staan, is deur mense geskenk.”

In die restaurant word die varsste seekos bedien.

“Ek ken die mense op die vissersbote en ons kry die heerlikste seekos direk vanuit die see. Jy kry nie varser seekos as hier nie.”

Die Portugese seekos Cataplana is gewild onder plaaslike, sowel as buitelandse gaste.

“Cataplana is 'n potjie met seekos. Dit is 'n tipe bak waarin ons al die seekos wat ons kan bekostig sit en kook. Wanneer dit gaar is, word die hele pot op die tafel gesit en met rys bedien. Almal skep uit een bak. Ek maak een met kreef, garnale, seekat en vis.”


LÜDERITZ SAFARIS & TOURS


Met hul slagspreuk “Lüderitz is nader as wat jy dink” lok die besigheid al vir die afgelope 22 jaar mense na die kusdorp. Me. Marion Schelkle, wat op Lüderitz gebore is en grootgeword het, is 'n skatkis van inligting nie net oor die dorp self nie, maar ook oor die geboue, geskiedenis en mense van die dorp. Haar toer deur die dorp doen sy gewoonlik per voet en lig mense nie net oor die geskiedenis van die geboue in nie, maar vertel ook die stories van wie wanneer daar gewoon het.

Haar toer oor die skiereiland en na sy verskillende baaie is 'n moet. Die toer neem toeriste na Grosse Bucht en Diazpunt waar die ligtoring en die ou mishoring besigtig kan word. 'n Besoek aan Sturmvogelbucht is ook ingesluit.

“Hier op Sturmvogelbucht het die Duitsers met die hulp van die Noorweërs in 1912 'n walvisverwerkingsfabriek begin bou. 'n Jaar later, nadat dit amper klaar was, het hulle met twee bote die Seeadler en die Sturmvogel uitgegaan en walvisse geskiet. Hulle het die walvisse Sturmvogelbucht toe gebring en daar aan land getrek en verwerk. Die walvisse is in die groot ketel gekook wat jy nou nog hier sien. Hulle het altesaam agt walvisse hier verwerk. In 1914 is die bote Kaapstad toe vir herstelwerk en voordat hulle kon terugkom, het die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek en die aanleg is nooit weer gebruik nie,” het sy vertel.

Marion is op die dorp gebore en haar pa is as die vierde kind geregistreer wat op Lüderitz gebore is.

“Dogtertjies se geboortes het daardie jare nie getel nie, maar my pa was die vierde seun. So ek en my familie het 'n lang geskiedenis met die dorp en sy mense.”
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38%