Riool spat op Rehoboth
Ses jaar nadat die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ongerymdhede in verband met 'n riooltender op Rehoboth begin ondersoek het, het vier verdagtes Vrydag op aanklagte van bedrog in die landdroshof op die dorp verskyn.
'n Voormalige burgemeester en senior bestuurder, 'n woordvoerder, 'n tegniese hoof en 'n kontrakteur is op Rehoboth vir bedrog vasgetrek wat met 'n riooltender vir die dorp verband hou.
Mnre. George Dax (voormalige burgemeester en hoof uitvoerende beampte van die Rehoboth-dorpsraad), Jeffrey Kasupi (woordvoerder), Sands Witbeen (voormalige bou-inspekteur en huidige tegniese hoof) en Marko Rittmann ('n kontrakteur) is Donderdag op aanklagte van bedrog in hegtenis geneem. Die klagte hou verband met die rehabilitasie van die Blok E-rioolstelsel op die dorp en volg ná 'n ondersoek deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC).
Die ACC het reeds in 2010 beweringe van korrupsie begin ondersoek wat verband hou met die aanstelling van Radoruu Civil Works vir 'n kapitale projek om rioolnetwerke by Oanobpark en MK Gertze Uitbreiding 3 in Rehoboth op te rig. Die totale koste van die projek was meer as N$1,1 miljoen.
Na bewering het Dax en Kasupi hul posisie en kantoor misbruik om te verseker dat die tender op 'n enkele voorstel van Radoruu aan laasgenoemde toegeken word. Dit in weerwil van plaaslike tenderregulasies, die wet vir plaaslike owerhede en die dorpsraad se verkrygingsbeleid.
Die huidige tegniese hoof, Witbeen, het na bewering 'n betaling van N$105 000 aan Rittmann voorgestel vir die vestiging van die bouperseel, vóór 'n resolusie deur die tenderraad aanvaar is om die werk aan hom toe te ken. Ook was Witbeen daarvan bewus dat die perseel nog nie gevestig was toe die betaling aan Rittmann gemaak is nie.
Rittmann het op sy beurt eers 'n formele tenderdokument met verwante koste ingedien 'n maand nadat die kontrak vir die tenderbedrag van N$2,76 miljoen aan hom toegeken is. Sy aanvanklike bedrag vir die kontrak was N$1,16 miljoen. Daarmee saam het hy 'n betalingsertifikaat ingedien wat vervals is en waarin beweer word dat hy wél die bouperseel gevestig het. Die teendeel was egter waar toe die sertifikaat vir betaling ingedien is.
Met die voltooiing van die ondersoek is die saak na die kantoor van die aanklaer-generaal verwys wat besluit het om Dax, Kasupi, Witbeen en Rittmann vir die misbruik van hul ampte vir selfgewin aan te kla. Kasupi, Witbeen en Rittmann word ook vir die korrupte gebruik van 'n vals dokument deur 'n agent aangekla.
Die vier het Vrydag in die landdroshof op die dorp verskyn en die saak is tot 12 tot 14 Junie vir pleitdoeleindes en verhoor uitgestel. Hulle is op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie