Ricky Innes, navorsings- en ontwikkelingsbeampte by Paratus
Ricky Innes is Paratus se navorsings- en ontwikkelingsbeampte.
Hy beskryf homself as iemand wat moontlikhede vir die ontwikkeling van nuwe produkte ondersoek sodat die maatskappy sy volle potensiaal kan bereik. Ekonomiese lewensvatbaarheid is baie belangrik wanneer nuwe projekte oorweeg word.
Voordat 'n nuwe produk die lig sien, voltooi die afdeling vir navorsing en ontwikkeling 'n deeglike ondersoek. Tydens die navorsingsfase word produkspesifikasies vasgestel, asook die koste van die produk en hoe lank dit in produksie sal wees. Navorsing sal meestal ook 'n evaluering insluit of daar 'n behoefte of aanvraag na die produk is – voordat ontwerp seker maak die produk is funksioneel en handig vir verbruikers.
Ricky moet verstaan hoe talle ander afdelings werk en moontlikhede identifiseer wat aan sakedoelwitte voldoen. “Jy moet kwantitatiewe en kwalitatiewe data kan ontleed,” verduidelik hy.
Ricky is aangetrek tot die beroep omdat jy baie verskillende take uitvoer en dit harde dinkwerk verg om geskikte oplossings te vind. Hy het 'n graad in elektriese ingenieurswese en meer as 15 jaar se ondervinding.
“Soms bestee ons weke en maande om oor 'n probleem te ondersoek,” sê Ricky. “Wanneer ons 'n oplossing vind wat geld kan spaar of prosesse verbeter, is dit baie vervullend.”
'n Navorsings- en ontwikkelingsbeampte moet:
• sin maak uit statistiek en data ontleed.
• nuuskierig wees en die status quo uitdaag.
• kreatiewe oplossings vir probleme vind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie