Riaan Smit verjaag 2020 se blues
Riaan Smit verjaag 2020 se blues
24 November 2020 | Byvoegsels
Hoewel die blues- en folksanger Riaan Smit in Namibië gebore is, het hy die afgelope paar jaar meer bekendheid in Suid-Afrika en oorsee verwerf. Hy het egter vanjaar na sy moederland teruggekeer, en is sedertdien besig om homself van voor af as 'n Namibiese kunstenaar te vestig.
Riaan sê die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) bied die ideale geleentheid hiervoor.
Die man met die rasperstem het ná die Suid-Afrikaanse groep Rubber Duc op die verhoog geklim, en het gesê hulle vertoning sal moeilik wees om te ewenaar. Hy het hom egter uitstekend van sy taak gekwyt, veral aangesien sy band The Shadowkatz nie saam met hom daar kon wees nie. Hy het manalleen op die verhoog geklim met sy kitaar en mondfluitjie en die intieme vertoning op 'n hoë noot afgesluit.
Hoewel die pandemie en gepaardgaande inperkings die kuns- en vermaakbedryf besonder hard getref het, sê Riaan dié donker wolk het wel 'n silwer randjie.
“Ja, dit was baie moeilik vir ons almal, maar ek dink die tye waarin ons tans leef, het regtig weer 'n geleentheid gebied vir ons om op plaaslike inhoud te fokus.”
In die verlede was die fokus baie op internasionale, veral Suid-Afrikaanse musikante, verduidelik hy. Terwyl die grense egter gesluit was, moes Namibiërs noodgedwonge plaaslike musikante vra om by geleenthede op te tree.
“Dit het vir plaaslike kunstenaars, myself ingesluit, 'n kans gege om ons trots-Namibiese musiek te bemark.”
Nou dat die storm effens bedaar het, moet dié inisiatief steeds voortgesit word, benadruk Riaan.
“Ek dink ons het vanjaar eers werklik die waarde van plaaslike kunstenaars besef.”

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies