Riaan Smit sing weer
Die hoofsanger van Crimson House keer ná 'n gesigoperasie en mediese behandeling vir optredes terug na Namibië.
Augetto Graig - Die Blues-sanger Riaan Smit is op pad terug na die land van die dapperes.
Smit sal as leier van Crimson House Blues vanaf 19 tot 22 Desember op Swakopmund by die Desert Tavern optree.
Die optredes volg enkele weke nadat Republikein berig het oor 'n gewelddadige aanval op hom, die vioolspeler me. Luca Hart en die rolprentmakers me. Liberty Lister Verbaan, mnr. Renier de Bruyn en mnr. Laurent Hesemans van Endemic Productions. Die groep is naby Elisenheim buite Windhoek aangeval en beroof.
“Ek is met 'n mes in die elmboog gesteek en met 'n baksteen in die gesig geslaan. Die baksteen het die bokant van my kakebeen en my oogholte gebreek, senuwees in my wang beskadig en my tande uit hul kaste gestamp,” vertel hy oor die beserings wat hy op 17 November tydens die aanval deur vyf gewapende mans opgedoen het. Riaan het die ergste deurgeloop omdat hy geweier het om van sy gunsteling-kitaar afstand te doen.
“Ek het dié spesifieke kitaar tydens my eerste Amerikaanse toer gekry en die afgelope vier jaar is dit saam met my deur dik en dun. Dit is 'n pragtige instrument. Ek het daaraan vasgeklou omdat ek nie dit waarvoor ek lief is, wou opgee sonder om daarvoor te beklei nie. Dit mag idioties wees, maar dit is hoe ek is. Die kitaar het nou 'n paar krappe en skaafmerke, maar sy is nog haar pragtige self,” vertel Riaan.
Riaan moes 'n gesigoperasie ondergaan waartydens metaalplate aan dié bene geheg is wat nie op hul eie sou herstel nie.
“Doktor (Gerrit ) Wyma was fantasties soos hy die stukke been uitgehaal en daarmee 'n legkaart moes bou."
Die operasie is in die Stellenbosch Mediclinic uitgevoer, ná sy aanvanklike behandeling by Mediclinic in Windhoek. Riaan se mediese plan dek egter nie behandeling in Namibië nie, wat tot sy hoë mediese koste bygedrae het.
“Ek was gelukkig om 'n hospitaalplan te hê wat egter nie altyd koste van medikasie en die narkotiseur dek nie." Benewens die N$30 000 wat hy uit sy eie sak vir mediese koste moes opdok, het hy ook sowat N$60 000 verloor aangesien hy vir 'n geruime tyd nie kon optree nie.
Sy redding het met die hulp van die internet gekom.
“'n Vriend het my per e-pos gekontak en gesê hy werk vir Candy Stick, 'n skarefinansieringstelsel. Hy het hierop 'n blad oopgemaak en my gevra om 'n storie oor die ervaring te skryf. Liberty het my gehelp omdat ek toe nog nie uit die regteroog kon sien nie.”
Teen 5 Desember is N$70 000 reeds ingesamel, dit terwyl daar nog 25 dae oor was om die teiken van N$80 000 te bereik. Met sy ontslag uit die hospitaal is Riaan onmiddellik huis toe waar sy geliefde hond gewag het en hy "lekker lank kon lê en slaap".
Op 1 Desember het Riaan en Crimson House Blues weer Kaapstad aan hul voete gehad by 'n volgepakte vertoning by The Mercury. Tydens die aanval was die opname van sy musiekvideo Free to Dream nog op die videokamera wat gesteel is en later deur die Namibiese polisie teruggekry is. Dié video is nou op Youtube beskikbaar.
Sy boodskap aan Namibiërs?
"Ek is lief vir Namibië en sy mense. Net soos oral anders is daar 'n werkloosheidsprobleem wat armoede en misdaad skep - dit is 'n globale probleem. Wees waaksaam. Wees bewus van jou omgewing. Moenie jou geloof in die mensdom verloor nie, want die mensdom is regtig merkwaardig,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie