Reuse val vir padveiligheid

Owerhede tree binne magte op

21 July 2020 | Omgewing
Elvira Hattingh – Ten spyte dat lede van die Stamp­riet-gemeenskap ontsteld is omdat die Paaieowerheid (RA) groot kameeldoringbome langs hul D1033-grondpad verwyder het, is owerhede glo by magte om plantegroei in padreserwes te verwyder.

Die RA het glo ook nie 'n permit nodig om selfs beskermde plantespesies te verwyder nie, terwyl dit hul mandaat is om seker te maak enige plante of bome wat 'n gevaar vir padgebruikers inhou, word verwyder.

Me. Hileni Fillemon, die RA se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, het aan Republikein verduidelik daar is besluit om die bome op die spesifieke pad te verwyder nadat padgebruikers gekla het hul vragmotors sukkel om deur die bome te beweeg.

Sy voeg by die bome wat wel verwyder is, het op die kant van die pad gestaan of bo-oor die pad gegroei.

“Om sommige bome te bewaar, het ons besluit om dit net te snoei eerder as om die bome te verwyder. Dit is ook belangrik om te noem dat dié pad baie kronkel en die groeiende bome hou 'n gevaar in,” het Fillemon gesê.



'BOME WAS EERSTE DAAR'

Grondeienaars het foto's aan Republikein gestuur van die bome wat omgestoot is. “Die kameeldoringbome is al langer as die pad daar en baie groot en oud.

“Die bome se peule het ons vee deur die afgelope droogte gedra. Mense het van heinde en verre gekom om vir hul vee van die peule te kom optel.

“Vir so ver as 30 tot 40 km is 'n klomp bome langs die pad omgestoot,” het die grondeienaar gesê, wat anoniem wou bly. Kommer is ook uitgespreek omdat die kameeldoringboom 'n beskermde spesie is waarvoor mens gewoonlik nie 'n permit kan kry om lewend af te kap nie.

Fillemon sê egter die RA benodig nie 'n permit om enige plantegroei te verwyder nie en is in terme van die Pad­ordonnansie 17 van 1972 gemagtig om enige voorwerpe te verwyder wat gevaarlik vir padgebruikers mag wees.

Die direkteur van bosbou van die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Joseph Hailwa, gee gelyk dat die Paaie­owerheid bome kan verwyder as dit 'n gevaar vir padgebruikers blyk te wees, ongeag of dit 'n beskermde spesie is of nie.

Hy sê in dieselfde opsig kan plantegroei, wat nie as 'n bedreiging vir padgebruikers beskou word nie, toegelaat word om op padreserwes te groei.

Hailwa sê net soos die Paaieowerheid, is munisipaliteite ook by magte om plantegroei te verwyder as dit noodsaaklik blyk te wees. “Tog word dié owerhede aangemoedig om die verwydering van bome as 'n laaste opsie te beskou,” het hy gesê. Hy sê alhoewel die bome dalk tot dusver toegelaat is, kan daar skielik besluit word om dit te verwyder as dit blyk dat dit ongelukke begin veroorsaak of wanneer nuwe paaie of kraglyne aangebring word. - [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

7 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

13 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

1 dag gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

1 dag gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

1 dag gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...