Rentekoers: Genadetyd vir mense met skuld
Rentekoers: Genadetyd vir mense met skuld

Rentekoers: Genadetyd vir mense met skuld

Hanlie Stadler - Verbruikers is teen einde Januarie redelik vuisvoos weens skool- en klasgeld wat betaal moet word, en als van mediesefondspremies en gim-lidmaatskap tot data wat duurder word.

Daar is egter een ding waaroor hulle nié nou dadelik bekommerd hoef te wees nie: die rentekoers.

Ekonome is betreklik seker dat die Reserwebank nié op 17 Januarie die rentekoers gaan verhoog nie danksy die versterking van die rand (tot nagenoeg R13,85), wat inflasie kan help temper.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) is nou minder aggressief oor moontlike toekomstige rentekoersverhogings as in November, die vorige keer toe die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee (MBK) oor die rentekoers besluit het. Tóé het die MBK skuldbelaaide verbruikers geskok met ’n styging van 0,25 van ’n persentasiepunt in die rentekoers.

Bishop sê dit sal dalk glad nie nodig wees om die rentekoers in 2019 te verhoog nie.

Die bepalende faktor is egter Moody’s Investors Service se kredietgradering in Maart, wat kom ná Februarie se begrotingsrede. Bishop sê die begroting gaan waarskynlik die deurslag gee.

INFLASIE

Nog iets waarop Bishop wys, is dat die Reserwebank na die langtermyntendens van inflasie kyk – beslis 12 tot 18 maande, maar selfs 24 maande vooruit.

Die Reserwebank het in November inflasie van 5,6% vir 2020 verwag, wat ongemaklik naby aan die boonste grens van sy teikenband van 3% tot 6% is.

“Die verlaging in die petrolprys oor die afgelope maande sou inflasie oor die draai van die jaar verlaag het, en sal om die waarheid te sê die inflasieverwagting vir 2019 verlaag, maar dit sal ook ’n basisuitwerking skep wat inflasie in 2020 waarskynlik sal laat styg.”

Die styging in internasionale oliepryse en die verwagte skerp styging in kragtariewe plaaslik kan inflasie ook opdruk. In dié stadium is daar ’n oorverhaling van meer as 30c per liter in die petrolprys en van tot 62c per liter in die dieselprys vir Februarie, volgens die Sentrale Energiefonds se nuutste syfers, maar as die olieprys aanhou styg, kan ’n daling in die pryse kwyn voordat dit op 31 Januarie vasgestel word.

Kosspryse gaan waarskynlik ook skerper begin styg weens die droogte in groot dele van die somerreënvalstreek in Suid-Afrika en die res van Suider-Afrika..

Bishop verwag nietemin geen rentekoersverhoging in die eerste helfte van 2019 nie, en dalk selfs nie die hele jaar nie.

As Moody’s Suid-Afrika afgradeer, sal dit druk op die rand plaas, wat inflasie en dus die rentekoers kan laat styg.

“Suid-Afrika sal dit moeilik vind om ’n verhoging in die rentekoers te vermy in die aangesig van die beduidende randswakheid wat ’n afgradering sal meebring, en ons raam die risiko dat dit gebeur, op minstens 47%.”

Die meeste ekonome verwag een klein verhoging (van 0,25 persenstasiepunt) in die repokoers in 2019. Busisiwe Radebe en Dennis Dykes van Nedbank verwag dit eers in November.

Johan Els, hoof van ekonomiese navorsing by Old Mutual Investment Group, verwag ’n verhoging dalk so gou as Julie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046