Reu00ebnseisoen skop buitengewoon swak af
Reu00ebnseisoen skop buitengewoon swak af

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

Ná die swak neerslae oor die eerste drie maande, het die eerste deel van die reënseisoen afgesluit met 'n groot tekort aan reënval oor die grootste dele van die land.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak” gevaar.

So sê die ministerie van werke en vervoer se afdeling vir meteorologiese dienste in sy reënbulletin vir Desember. Boonop het Desember óók ondernormale reën vir die grootste dele van die land gebring, wat tot swak oesvoorbereidings gelei het.

“As gevolg van die swak reënneerslae oor die eerste drie maande, het die eerste deel van die reënseisoen afgesluit met 'n groot tekort aan reënval oor die grootste dele van die land.

“Slegs die suidoostelike punt van Namibië het surplus reën teen die einde van Desember gehad,” lui die verslag.

“Desember was baie droog oor die westelike dele van die land, terwyl reën­neerslae tot die oostelike dele van die land beperk was. Dit is egter met uitsondering van die suidoostelike dele van die land, waar bogemiddelde reënneerslae gemeet is,” volgens die bulletin.

“Die res van die land het meestal ondergemiddelde reën vir Desember gehad, terwyl kolle oor die ooste en noord-sentrale dele bogemiddelde reën gehad het, met aangrensende gebiede wat normale reën ontvang het.”



GEEN NEERSLAE

Sommige plekke het teen einde Desember nog geen reën vir die afgelope seisoen gehad nie, toon die bulletin. Dit sluit Rehoboth, Etanga, Kaoko-Otavi, Otjokavare, Khorixas, Sorris-Sorris, Omatjette, Uis, Okombahe, Omaruru, Maltahöhe, Hoachanas, Gibeon en Bethanie in.

Ander plekke waar die reënafwyking meer as 70% minder as normaal vir die eerste drie maande van die seisoen was, sluit in Eros-lughawe, Otjiwarongo, Aranos, Mariental, Okangwati, Erwee, Otjimbingwe, Okaukamashe en Omakange.

Windhoek het teen einde Desember 42% minder reën as normaal ontvang, terwyl Gobabis ook 37% ondergemiddelde neerslae gehad het en Outjo 55%.

Selfs plekke in die noordooste soos Rundu, Grootfontein se lughawe en Grootfontein het tydens die eerste deel van die seisoen onderskeidelik 45%, 45% en 12% minder reën as normaal gehad, terwyl Otavi 4% méér reën as normaal ontvang het.



WEERKENNERS

Verskeie voorspellings van 'n belowende reënseisoen het tot dusver nie vir Namibië gerealiseer nie, ten spyte daarvan dat weerkenners sê 'n La Niña-weerverskynsel het vanjaar posgevat.

Namibië se meteorologiese dienste het aanvanklik in 'n vooruitskouing van die reënseisoen gemeen die meeste dele van die land behoort tussen Oktober en einde Desember normale tot bonormale reën te ontvang, met uitsondering van die suidwestelike dele van die land waar ondernormale tot normale reën voorspel is.

Vir die tydperke vanaf November tot Januarie asook Desember tot Februarie is voorspel die grootste dele van die land kan normale tot ondernormale reënneerslae verwag, en die noordwestelike dele normale tot ondernormale reën.

“Die patroon van normale tot bonormale reën sal waarskynlik oor die grootste dele van die land tussen Januarie en Maart voorkom, terwyl normale tot ondernormale reën oor die noordweste verwag word. . .” is in 'n vooruitskouing van 23 September 2021 gesê.

Volgens die 25ste Suider-Afrikaanse Forum vir Streekklimaatvooruitsigte (SARCOF-25) wat virtueel in Augustus verlede jaar gehou is, moes die oorgrote Namibië 'n beter kans op normale tot bonormale reënval vir Oktober tot Desember gehad het – gunstige toestande wat tot Februarie sou voortduur.

[email protected]

FOTO ELVIRA HATTINGH
Jong mielie-plante wag onder blou lug op reën naby Rundu.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03%