Reën val wyd en syd
Die naweek het swaar reënbuie en haelstorms oor groot dele van die land uitgesak.
Op die plaas Butiaba in die Leonardville-omgewing het dit 80 mm gereën. Volgens die Namibiese weerkantoor is daar Sondag 38,5 mm op Okongo, 11,1 mm op Katima Mulilo en 7,6 mm in Windhoek gemeet.
Die Sossusvlei Lodge by Sesriem het Saterdag 10,5 mm reën ontvang en die water het by die ingang opgedam. “Ná die reën het die water opgedroog en daar is geen skade aan die lodge nie. Die water het nêrens in die kamers of in die lodge self ingeloop nie,” het me. Monique Scheun gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie