Reën, hitte vir vandag voorspel
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor verwag dat reën vanaf vandag (Woensdag 6 Maart) in die noorde, sentrale en suidelike dele van die land kan voorkom, terwyl dit droog in die verre weste asook die Namib-woestyn sal wees.
Die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister gesê meer donderbuie word oor die hele binneland vir vandeesweek verwag, terwyl warm tot baie warm toestande oor die binneland verwag word.
Santam Suid-Afrika se landbouweerkundige, mnr. Johan van den Berg het die voorspelling beaam, maar waarsku dat die El Niño-weerverskynsel weer aan die ontwikkel is.
“Dit lyk asof weerstoestande in Maart en April swakker gaan wees as wat voorspellings ‘n paar weke gelede aangedui het. El Niño is waarskynlik een van die redes hiervoor,” het hy gesê.
Hy stem saam met die Namibiese weerkantoor se voorspelling in die komende dae, maar meen dat dit ten beste ligte reënbuie kan wees en dat die baie warm weer die droogtetoestande verder kan versleg.
Hy deel egter ook ‘n bietjie goeie nuus: “Dit blyk asof daar weer teen die einde van Maart en begin van April ‘n stelsel kan vorm wat enkele reëbuie kan bring.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie