Rekordprys vir slagos verstom

'Eintlik goedkoopste slagbees'

08 February 2021 | Landbou
Elvira Hattingh



“Ons het die som gemaak. Eintlik was dit die goedkoopste slagbees van die dag, as jy die uitslagpersentasie uitwerk.

“Dit is maar net die kopprys wat die mense verstom!”

Só vertel Chris Labuschagne van Waterberg Agri Trading, wat saam met sy broer Neels geskiedenis gemaak het toe hulle Donderdag 'n rekordprys van N$39 000 vir 'n slagos op 'n Blaauwberg-veiling op Otjiwarongo betaal het.

Die os van Figenfeld Farming het 998 kg geweeg en was 14 jaar oud.

Labuschagne sê vet beeste is tans besonder duur.

“Ons is die eienaars van Kilo 40 naby Otjiwarongo waar ons droë­wors en biltong verkoop.

“Ons kort 'n bietjie vet bees. As jy uitwerk wat die os geslag kos, is dit nie sò rof nie,” het hy aan Republikein gesê.

Intussen sê Rian van Wyk, die os se verkoper, hy het 'n knop in die keel gekry omdat hy lief vir dié os was wat mak as 'n “melkkalfie” grootgemaak is.

“Dis chaos by ons; die mense maak my mal! Ek is nou 'n celebrity,” spot Van Wyk toe hy Vrydag met die koerant praat.

“Miskien moet ek volgende nog 'n groter os bring!”

Van Wyk is saam met sy broer Leon en 'n derde persoon, mnr. Tony da Costa, in 'n vennootskap in Figenfeld Farming betrokke.

Van Wyk sê die os is as kalfie op hul plaas gebore.

“Hy was vreeslik mak en het op ons skote gelê. Ons het hom maar grootgemaak. Ek het nog drie ander sulke mak osse, hulle is nog groter en nog ouer,” het hy vertel.

Hy sê die beeste is só mak, jy kan op hulle klim en sy kinders sit selfs op hulle.

Dié os het – nadat hy gespeen is – nie meer toegelaat dat hulle hom vryf of op hom klim nie.

“Boonop raak hulle oud, dan raak hul heupe seer, hulle begin kreupel loop en gaan agteruit. Hulle kom op 'n ouderdom wat jy hulle maar moet slag. Ek wil nie hê hy moet ly nie. Ek het besluit om hom te laat gaan,” het Van Wyk vertel.

Hy het die kopers gevra om die os mooi te hanteer en mooi te slag sodat hy nie ly nie.

“Die Labuschagnes het hom goed hanteer en spesiaal met 'n wa kom haal, eerder as om hom op 'n lorrie te laai,” vertel Van Wyk.

Op die veiling is altesaam 68 osse met 'n gemiddelde gewig van 452,74 kg teen gemiddeld N$33,89 per kg, of gemiddeld N$15 343 per kop verkoop. In totaal was 1 201 beeste, 122 bokke en 126 skape op aanbod.

By die veiling is 'n groep van 12 tollies en verse onder 130 kg vir 'n uitstekende gemiddelde prys van N$55,14 per kg verkoop, terwyl tollies onder 200 kg 'n gemiddelde prys van N$48,17 behaal het. Vir dié groep was die hoogste prys N$54,07 per kg.– [email protected]

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

2 ure gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

2 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

3 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

5 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

13 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

13 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...