Rekordhoogtes vir houtskooluitvoere in 2019
Rekordhoogtes vir houtskooluitvoere in 2019

Rekordhoogtes vir houtskooluitvoere in 2019

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - As dit by Namibië se totale landbou-uitvoere kom, het houtskooluitvoere se aandeel verlede jaar aansienlik tot 16,8% gestyg, van net 10,3% in 2018.

Namibië is nou sesde uit die 15 wêreldlande wat verlede jaar die hoogste dollarwaarde uit houtskooluitvoere verdien het.
Die Namibia Biomass industry Group (N-BiG) se uitvoerende hoof, mnr. Progress Kashandula, het in ‘n onlangse mediaverklaring gesê die Namibiese ekonomie kan uit die benutting van biomassa baat.

“Die produksie van houtskool en boskos is bykomende ekonomiese aktiwiteite wat op plase beoefen kan word.

“Plaaslik geproduseerde boskos het die potensiaal om buitelandse valuta te verdien, veral omdat plaaslike invoere van veevoer in 2019 na N$1,2 miljard gestyg het.”

Kashandula sê dié waardekettings bevoordeel ook ander ekonomiese sektore, soos vervaardiging, vervoer en handel, terwyl dit terselfdertyd help om inkomste en werksgeleenthede te skep.

FOTO'S Tim Brunauer

Kommentaar

Republikein 2025-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer