Rekordgetal van 96 nuwe Covid-19-gevalle
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het 'n rekordgetal van 96 nuwe gevalle van Covid-19 in die land aangekondig. Dit bring die totaal gevalle in die land op 960 te staan. Volgens Shangula is een geval 'n Suid-Afrikaner en die res Namibiërs.
Uit die 96 gevalle is 91 in Walvisbaai, twee in //Kharas, twee in Keetmanshoop en een in Windhoek aangeteken. Hiervan is 51 mans en 45 vroue. Die jongste is vier jaar oud en die oudste 50 jaar oud.
Volgens Shangula het nog twee gevalle, gevalle 33 en 186, ten volle herstel. Dit bring die totaal op 31. Tot op hede is 16 305 weefselmonsters getoets en 670 mense is tans in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie