Rekordgetal van 247 nuwe Covid-19-gevalle
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het 247 nuwe gevalle van Covid-19 in die land aangekondig. Dit is die hoogste aantal gevalle wat op een dag aangemeld is. Dit bring die totale aantal gevalle op 4 154 te staan. Die 247 nuwe gevalle sluit 136 in Windhoek, 43 in Walvisbaai, 25 in Swakopmund, drie in Usakos, nege in Oshakati, vier in Onandjokwe, een in Tsumeb, vier in Okahandja, twee in Grootfontein, een in Otjiwarongo, vier in Keetmanshoop, twee in Luderitz, een in Karasburg, vyf in Rehoboth, twee in Mariental, twee in Gobabis, een in Oshikuku, een in Tsandi en een in Rundu in.
Volgens Nangombe is gevalle in die Oshana en Oshikotostreek besig om te styg en word baie van die gevalle verbind met Walvisbaai, maar ook toenemend ook Windhoek deur reis en kontakte. Gevalle is ook besig om in die Okahandja-distrik te styg met die meeste wat kontakte van bevestigde gevalle is. Die meeste gevalle in die //Kharasstreek is reisigers uit Suid-Afrika. Volgens Nangombe was aanvanklike gevalle in die Hardap toegeskryf aan gevalle wat hier in kwarantyn was. Die meeste gevalle in die Omahekestreek word met gevalle om Windhoek verbind.
Volgens Nangombe is vier aktiewe gevalle uiters siek en wel een in Walvisbaai en drie in Windhoek. Veertien is ernstig siek en wel 13 in Windhoek en een in Walvisbaai.
Tot op hede het 2 370 gevalle ten volle herstel en is 41 146 weefselmonsters tot op hede getoets. Tans is daar 1 749 aktiewe gevalle, die sterftesyfer staan op 35 en 1 556 mense is tans in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie