Rekordgetal van 11 sterftes, 162 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftesyfer het met 11 die hoogte ingeskiet tot 586. Die 11 nuwe sterftes sluit onderskeidelik drie in Windhoek, twee elk in Walvisbaai en Otjiwarongo en een elk in onderskeidelik Tsumeb, Onandjokwe, Swakopmund en Katima Mulilo in. Vandag is 162 nuwe gevalle aangeteken waarvan 65 leerlinge, vier onderwysers, vyf studente en twee gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 368 waarvan 35 in die ICU is. Tot op hede het 43 984 mense herstel.
Nog 247 mense is ingeënt wat die totaal vir Khomas en Erongo nou op 3 122 te staan bring. Tans word 3 949 kontakte gemonitor en 1 425 mense is in kwarantyn.
Nog 247 mense is ingeënt wat die totaal vir Khomas en Erongo nou op 3 122 te staan bring. Tans word 3 949 kontakte gemonitor en 1 425 mense is in kwarantyn.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie