Rekordgetal van 1 432 nuwe gevalle, vyf sterftes
'n Nuwe rekordgetal van 1 432 nuwe gevalle is vandag aangemeld waarvan 844 (59%) in Windhoek is. Vyf sterftes - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Katima Mulilo, Oshakati en Rundu - aangeteken wat die totale sterftes op 973 te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 8 088 waarvan 374 in die hospitaal en 68 in die ICU is. Die herstelkoers staan op 86%. Tot op hede is 85 539 mense teen Covid-19 ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie