Rehobothers vra NamWater se hulp
Rehobothers vra NamWater se hulp

Rehobothers vra NamWater se hulp

Die dorpsraad gaan gebuk onder skuld en wanbestuur.
Augetto Graig
Augetto Graig - Inwoners van Rehoboth is besig om 'n petisie op te stel waarin hulle vra dat NamWater alle toegang tot water op die dorp behartig.

Volgens mnr. Tony Daniel, wat die petisie op Facebook begin het, is dit met die toestemming van die gemeenskap se verteenwoordigende komitee gedoen. Hulle versprei ook afskrifte daarvan onder inwoners.

Die komitee het verlede week met prokureurs in Windhoek vergader om regsaksie teen dorpsraadslede, asook teen die omstrede menslike hulpbronnebestuurder, mnr. Willie Swartz, te bespreek.

Dít weens beweerde wanbestuur, bedrog en diefstal.

Pogings om geld vir die beplande hofsaak in te samel, duur voort, terwyl nog 'n vergadering met regsverteenwoordigers vir later vandeesmaand beplan word.

In die petisie aan NamWater word versoek dat die nasionale verskaffer alle waterdienste op die dorp behartig.

Voorts vra hulle NamWater moet 'n kantoor op Rehoboth oopmaak waar inwoners direk vir hul waterdienste kan betaal.

Volgens die beswaardes dien dit geen doel om hul waterrekeninge by die dorpsraad te betaal nie.

“Ons weet die administrateurs en finansiële bestuurders by die dorpsraad is oneties, oneerlik en nie bevoeg om die raad se finansiële sake te hanteer nie,” lui die petisie.

Inwoners kla ook oor die watergehalte. Die watersuiweringstelsel werk glo nie behoorlik nie en 'n effektiewe rioolstelsel moet gevestig word.

“NamWater moet die administrasie en instandhouding van die hele watervoorsieningskema op die dorp oorneem.

"Ons as gemeenskap kan nie met die huidige korrupte aktiwiteite saamleef nie en wil nie meer die inperking van ons basiese menseregte ervaar nie.”



/Uirab reageer

Volgens mnr. Christoph /Uirab, die dorp se uitvoerende hoof, skuld inwoners egter die dorpsraad N$95 miljoen; N$17 miljoen vir elektrisiteit en N$78 miljoen vir water.

Hy sê die watertoevoer na die dorp is tans normaal en geen onderbrekings is in die laaste twee of drie maande ondervind nie.

Volgens /Uirab is die dorp se water­skuld verminder van N$31,3 miljoen na N$28,9 miljoen, maar “die bestaande reëling om by die maandelikse terugbetaling van N$700 000 te bly, plaas die raad onder geweldige druk en veroorsaak kontantvloeiprobleme,” sê hy.

Terselfdertyd kan nie rekenskap gegee word vir die helfte van die dorp se waterverbruik nie, sê hy.

Dít is moontlik te wyte aan lekkasies, maar ook “onwettige verbindings, foute met fakture en heelwat ander faktore,” sê hy.

Oor die dorp se finansiële en ander rekords, sê /Uirab: “Dit is 'n gemors.”

“Ons het nie senior personeel in die finansiële afdeling nie. Ons het onderhoude vir die posisies van finansiële bestuurder en twee rekenmeesters reeds voltooi.

“Die uitdaging sal getakel word sodra hierdie personeellede aan boord is,” sê hy.

Volgens inwoners maak sowat 90% van huisgesinne op die dorp van voorafbetaalde elektrisiteit gebruik.

Kragverskaffing is nog nie onderbreek nie, maar die dorpsbestuur is bewus daarvan dat dié moontlikheid bestaan.

Hulle moet voor 30 Augustus terugvoering gee oor hoe die uitstaande skuld van N$36 miljoen terugbetaal gaan word.

“Afgesien van die uitstaande skuld, wissel die maandelikse faktuurreeks met tussen N$7 tot 8 miljoen. NamPower verwag dus dat die lopende rekening ten volle betaal word en dat minstens N$2 of N$3 miljoen van die uitstaande skuld betaal word,” sê /Uirab.

Hy sê die raad kan die situasie nie self hanteer nie.

“Ons het die sentrale regering se ondersteuning nodig. Ons moet ook moontlike verliese identifiseer en takel,” sê hy.

Wat die rioolstelsel betref is herstelwerk aan ván die pompstasies gedoen, sê /Uirab.

“Die onlangse vloei van rioolwater in die strate is hanteer, maar dit is steeds 'n dreigende situasie,” sê hy.

Hy sê ná me. Sophia Shaningwa, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, se besoek aan die dorp, werk die ministerie daaraan om 'n oplossing vir die “abnormale situasie” te finansier.

Nogtans beskaam /Uirab se hoop op verbetering op Rehoboth nie.

“Die tekens van wanbestuur is uitgeken. Die ministerie het ook volledige rekords van alles. Die aanvaarding van wanpraktyke is egter 'n uitdaging omdat wanbestuur nie altyd raakgesien word nie.

“Dit moet deur die raad gekorrigeer word. Indien die raad nie bevoeg is om dit te doen nie, moet die minister stappe doen,” sê hy.

/Uirab sê dorpsraadslede moet saam met inwoners werk.

“Goeie kommunikasie moet tussen die verkose lede en inwoners gevestig word. 'n Ontwikkelingskomitee moet gestig word wat die ontwikkelings­agenda van die dorp beplan, bespreek en toepas,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%