Rehoboth steeds op afdraande pad
Rehoboth steeds op afdraande pad

Rehoboth steeds op afdraande pad

Die hele dorpsraad, ongeag lede se partyverband, bly geskors, terwyl die ministerie die dorp probeer red.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Rehoboth-munisipaliteit kort heelwat werk om die juk van korrupsie en wanbestuur af te skud.

Daar word oorweeg om me. Natalia /Goagoses, wie se taak dit is om die dorpsraad reg te ruk, se aanstelling te verleng.

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, moes mnr. Jan van Wyk, raadslid vir die United People’s Movement (UPM), se vrae voor die Nasionale Raad beantwoord.

Mushelenga het gesê die dorpsraad is in die geheel geskors omdat hulle gesamentlik vir Rehoboth se bestuur verantwoordelik was en nie daarin geslaag het nie.

Hy het gesê die wet op plaaslike owerhede gee hom die reg om die hele raad te skors, en individue kan slegs op die raad se aanbeveling uitgesonder word.

So ’n aanbeveling is nooit ontvang nie, het hy gesê.

Dít in antwoord op Van Wyk se vraag oor die heraanstelling van UPM raadslede wat nie van bedrog en korrupsie beskuldig is nie.

“Die hele raad word verantwoordelik gehou ongeag lede se partyverband,” het Mushelenga gesê.

Die minister het daarop aangedring dorpsinwoners het sy ministerie se aandag op die dorp se probleme gevestig, eerder as die skrywes van opposisieraadslede.

Belangriker is dat die ministerie die klagtes ernstig opgeneem het, het hy gesê.

Van Maart tot April 2017 is ’n ministeriële span op Rehoboth ontplooi om die dorpsraad onmiddellike ondersteuning te bied.

Terselfdertyd is ’n ondersoek van stapel gestuur om die wanbestuur en korrupsie te bevestig, het hy gesê.

Mushelenga het gesê daar is verskeie kere ingegryp deur opleiding te verskaf en kapasiteit te bou voor strafmaatreëls ingestel is.

“Uit die ondersoek en voortdurende mislukking van die raad om te verander ondanks die ministerie se ingryping, was dit duidelik die dorpsraad kon gesamentlik nie daarin slaag om die magte en funksies wat in die wet op plaaslike owerhede uiteengesit word, toe te pas nie,” sê hy.

Die ondersoekverslag is aan die dorpsraad beskikbaar gestel en ’n spertyd is aangedui vir die toepassing van korrektiewe stappe.

“Toe die raad nie sy vermoë en toewyding aan dié stappe kon toon nie, het die minister sy regte uitgeoefen om die raad gesamentlik verantwoordelik te hou. Die raad is ‘n laaste opsie gebied om die minister self te oortuig hoekom hulle nie geskors moes word nie. Onder meer was verdeling onder raadslede duidelik hoekom hulle nie kon saamwerk en hul verantwoordelikhede nakom nie,” het hy gesê.

Nog onreëlmatighede wat ontbloot is, behels die betrokkenheid van raadslede by administratiewe kwessies.

Die minister het spesifiek verwys na ’n geleentheid toe die raad geweier het om die ministerie se voorstel uit te voer.

“Dít was waarom die minister besluit het om die raad te skors en ’n verteenwoordiger aan te stel,” het hy gesê.

Hy het gesê /Goagoses swoeg om Rehoboth se probleme op te los en haar maandelikse verslae toon vordering op die gebied.

“Daar is baie om reg te stel en die proses duur voort, maar benodig meer tyd,” het die minister gesê.

/Goagoses se kontrak verstryk einde Maart, maar Mushelenge oorweeg om dit te verleng.

“Haar aanstelling maak vir ’n verlenging voorsiening indien nodig.

“Finale beraadslaging tussen die minister en sy verteenwoordiger is vir vandeesmaand geskeduleer, waartydens ’n besluit vir die toekoms geneem sal word, maar volgens vorige verslae is daar nog baie opruimwerk om te doen,” het Mushelenga gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026