Rehoboth spog met kunsklub

Lloyd Zandberg
Rehoboth spog gereeld met van ons land se voorste kunstenaars.

Wanneer al die gevestigde musikante, uitvoerende en visuele kunstenaars van dié Suidedorp bymekaarkom, voet neersit en besluit om ‘n kunsklub te vestig, weet jy dit gaan ‘n fraai aangeleentheid wees. 'n Vorm van hoop waarby talle kunstenaars kan baat.

Op 18 November 2019 het ‘n groep Rehoboth-inwoners besluit: Nou is dit tyd. So is die Rehoboth Musicians and Artists-kunsklub gestig en sedertien gaan dit net goed.

Die inisiatief is deur Devin Moller, Kallie Kharugab en direktoraat van kuns in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in die Hardapstreek van stapel gestuur.

“Die klub se leuse is ‘For Artists By Artists’ en het die visie is dat musikante en visuele kunstenaars saam moet werk om kunste te bevorder vir volhoubare inkomstegenerering. Dit gaan ondersteuning en leiding aan kunstenaars op Rehoboth gee,” sê Lindsey Voigt, een van die kunsklublede.

Die klub het verder ten doel om kunstenaars teen uitbuiting te beskerm aangesien baie ’n diens lewer sonder vergoeding. Die klub wil ook dié gesindheid onder kunstenaars vestig, en verseker hulle word betaal.

Die klub se komiteelede is onder andere Bumoshaire Green, Elize Dentlinger, Zeino Theron, Lindsey Voigt, Kalie Kharugab en Michael Beukes, wat sê hulle is deeglik bewus van die harde werk en deursettingsvermoë wat vereis word om ‘n sukses van die kunsklub te maak.

Die klub spog met bekende sangers en kunstenaars soos die NAMAs-wenner Lindsey Voigt, lede van die New Image Acapella-groep, Willy Steyn, Rodgee en Elize Dentlinger Rigaud wat almal hul gaan help om die klub te bevoerder.

“Ons is van plan om kunste na nuwe hoogtes te neem en ’n groot verskil in die gemeenskap te maak,” sê Lindsey.

Opkomende musikante, uitvoerende en visuele kunstenaars wat belang stel, is welkom om aan te sluit.

Skakel 062 522 833 vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!