Rehoboth se pynappelkoning
Van 'n pit in die mond tot in die grond.
Tanja Bause – “Al wat ek nog wil laat groei, is ’n wit bougainvillea van ’n steggie af.”
So sê oom Basil Paris (72) van Rehoboth.
Hy het reeds die ander kleure uit takkies laat groei en by sy huis geplant. Net die wit een kort. Maar bougainvilleas is nie al waarvoor oom Basil bekend is nie.
Sy naam loop wyd oor die pynappels wat hy op die dorp plant en al verskeie vrugte gelewer het.
“Ek en my vriend George Jefta het by sy huis in Walvisbaai gesit en snoek gerook. Ek en hy was albei baie lief vir plante en ons het idees uitgeruil. Ek het vir George gesê dat ek nog eendag graag ’n pynappel wil plant.”
George het vir hom gelag en voorgestel dat hy eerder die plant in Durban gaan koop.
“Ek sal jou wys,” was oom Basil se woorde.
Wat George nie geweet het nie is dat oom Basil al ses maande voor die gesprek twee pynappelplante aan die gang en in die grond gekry het.
“Ek het twee geplant, een vir hom en een vir my, en gehoop hulle sal groei. En hulle het.
Ongelukkig, voordat ek die plant Walvisbaai toe kon vat en vir George kon gee, het hy gesterf. Ek het die plant vir sy dogter gegee,” sê oom Basil.
Dit was drie en ’n half jaar gelede. Vandag het hy 50 pynappelplante in potte geplant. Talle is verkoop en baie geoes.
“Wanneer ek ’n pynappelplant verkoop, gaan ek saam met die mense na hul huis toe en wys vir hulle waar en hoe die pot moet staan. As die pot nie reg staan nie, sal die plant nie dra nie. Die plante hou ook nie van die middagson nie. Die son is te warm vir hulle.
“Dié jaar sal ek baie oes en ek weet nog nie wat ek met hulle gaan doen nie. Seker maar aan die Spar verkoop,” sê hy en lag.
Die eerste pynappel, wat hy drie jaar terug geplant het, het die eerste keer net een vrug gedra. Sedertdien lewer die plant tot vyf vrugte op ’n slag.
“Wanneer die plant kleintjies kry, kan jy hulle versigtig uitplant, maar aan die blomme of vrugte wat tussen die blare uitkom, mag jy nie vat nie. Wanneer die vrug te swaar word, kan jy die vrug stut totdat hy gereed is om geoes te word.”
Steggies en pitte
Oom Basil het steggies van ’n lemoen en ’n nartjieboom in die grond gedruk. Hulle is skaars 10 cm hoog en blom reeds. So ook die 14 roossteggies wat hy in die grond gedruk het nadat hy hulle in hormoonpoeier en heuning gedoop het.
Hy het ook al bome uit mango-, avokado-, appel, peer-en papajapitte gegroei.
“Dit is ’n onbeskryflike gevoel om ’n pit of stokkie in die grond te druk en te sien hoe hy groei. Ek het nooit geweet dat ek groen vingers het nie, anders het ek dit al lank al gedoen en was vandag dalk skatryk.
“My eerste grenadella het ek ook van ’n pit geplant. Ek het ’n vrugtejogurt geëet en een van die grenadellapitte het in my mond beland. Ek het hom daar uitgespoeg en in die grond geplant. Ek oes nog elke jaar van dié pit se vrugte.”
Plante
Oom Basil plant al sy plante in plastiekbottels wat hy oopgesny het, en nie in swart plastieksakke nie.
“Mense sny of skeur die plastieksakke oop en beskadig die wortels. Met die plastiekbottels kan jy dit makliker afhaal en die wortels is ringwortels wat jy maklik kan oorplant. Buitendien tel ek die plastiekbottels op en hoef nie vir hulle te betaal nie soos ek vir die sakke sou moet nie.”
In die potte vereis die pynappelplante ook nie baie water nie.
Oom Basil
Hy is in die Kaap in Suid-Afrika gebore en het as ’n jong man Walvisbaai toe gekom. Daar het hy 49 jaar gelede sy vrou ontmoet en met haar in die huwelik getree waaruit vier kinders gebore is.
“Ek is binnekort 50 jaar getroud.”
Hy het vir die ministerie van werke en vervoer as ’n hoofinspekteur van werk diens gedoen. In 1995 is hy na Gobabis verplaas.
“In 1999 is ek na Rehoboth verplaas en het besluit om hier af te tree. My dogter bly ook hier,” sê oom Basil.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie