Rehoboth rou ná gru-ongeluk

Inwoners van Rehoboth is in rou oor die skokdood van vyf jongmense.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer en Boet Matthews



“Die mense wat dit aanskou het, is erg getraumati­seer. Hulle het hulp nodig (om dit te verwerk),” sê 'n verslae mnr. Rudi van Wyk, burgemeester van Rehoboth, oor die tragiese gebeure Saterdagnag by Bahnhof-stasie buite dié dorp.

Hy het gister by navraag vertel hoe omstanders probeer het om insittendes uit die brandende motorwrak te bevry waarin drie vroue en twee mans onherkenbaar verkool het.

Een van hulle vriende het ­uitgespring en die ander een kon uitgesleep word voordat die vlamme die wrak verswelg het.

Mnr. Charles Shivela (35) het gister uit sy hospitaalbed in St. Mary's op Rehoboth aan Republikein gesê hy kan nie onthou wat gebeur het nie. “Al wat ek kan onthou, is dat mense my weggesleep en op die gras laat lê het,” sê hy.

Me. Rachel (Barbie) Diergaardt (19) het haar rug ernstig beseer toe sy uitgespring het. Haar toestand is sodanig dat sy na die intensiewe­sorgeenheid van 'n Windhoekse ­hospitaal oorgeplaas moes word.

Die eienaar en bestuurder van die luukse Range Rover-sportnutsvoertuig is een van die oorledenes. Hy het na bewering omstreeks elfuur die aand beheer op 'n draai verloor en teen 'n hoë spoed reg op die perron by Bahnhof afgepyl, waarna die voertuig aan die brand geslaan het.

Die sewe jongmense het vroeër die aand saam op Rehoboth gekuier.

Van Wyk sê die mense in die omgewing wat hulle na die toneel gehaas het, moes die ruite met 'n koevoet stukkend kap om by die ­skreeuende beseerdes uit te kom. Die deure van die voertuig was gesluit.

“Teen die tyd wat hulle die ruite gebreek het, was die vuur so warm dat hulle nie naby kon kom nie,” vertel Van Wyk.

Daarom kon net Shivela uitgesleep word.

Die bekende Rehobother mnr. Mario Guterres, wat opleiding in brandbestryding gee, is deur Van Wyk by sy huis opgelaai en na die toneel geneem. “Hierdie gru-ongeluk het my geruk. Ek was in die oorlog en het baie goed gesien, maar hierdie is een van daardie tonele waar jy die mense se hulpkrete lank na die tyd nog in jou slaap hoor,” sê Guterrres, en voeg by: “Hulle was jongmense met 'n blink toekoms.”

Adj.komm. Eric Clay, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het gister aan Republikein gesê die name van die oorledenes kan nie amptelik bekend gemaak word voordat hulle nie deur middel van DNS-toetse geïdentifiseer is nie.

Een van die oorledenes, wat eerskomende Vrydag 24 jaar oud sou word, was 'n goeie atleet met 'n besonderse sangtalent, het 'n inwoner na aan die familie vertel.

“Almal praat oor haar. Dit is hartverskeurend. Sy laat haar seuntjie van 2 jaar oud agter.”

Intussen het minstens ses ander mense teen laat gister ook op paaie in die land gesterf.

Die bloedige padongelukkerekord van die langnaweek is vroeg Vrydag­oggend ingelui met 'n botsing 30 km buite Tsumeb op die Oshivelo-pad waarin drie mense dood is.

Die ongeluk het gebeur toe die splinter­nuwe Toyota Urban Cruiser wat mnr. Erikki Natangwe Erastus (31) vir 'n koper in die Noorde moes gaan aflewer, 'n koedoe getref en toe in 'n aankomende sewesitplek­voertuig vasgery het.

Beide Erastus en mnr. Josef Edward (56), die bestuurder van die ander voertuig, is in die ongeluk dood. Die derde oorledene was een van die insittendes. Hy is die 29-jarige mnr. Maurmir Gordon Cecil Gurirab.

Die 31-jarige mnr. Bernhold ­Klaudius Vries (31) is in die vroeë oggendure Sondag op die grondpad na die Naute­dam dood toe die bakkie waarop hy gery het, omgeslaan en die nege passa­siers agterop afgeval het.

Die vierde noodlottige ongeluk het omstreeks halfelf Saterdagnag op die Okalonga-Oshikuku-pad plaasgevind het. Mnr. Indileni Kaanduka (32), die passasier, is later aan sy beserings dood.

Sondagaand agtuur is die 18-jarige Kambonde Peter in 'n ongeluk naby Rundu dood toe 'n voertuig van agter in die motor waarin hy 'n passasier was, vasgery het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026