Reho-tragedie ondersoek
Reho-tragedie ondersoek

Reho-tragedie ondersoek

Die 14-jarige graad 3-seun, wat glo vroeër vandeesweek ’n medekoshuisleerder doodgesteek het, het Woensdagaand wéér in ’n polisiesel deurgebring.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman, me. Ingrid Husselmann, sê haar kantoor het ’n ondersoek van stapel gestuur na ’n tragedie op Rehoboth wat tot die polisieaanhouding van ’n tiener met spesiale leerbehoeftes gelei het.

Husselmann het Woensdag gesê die feit dat die kind Dinsdagaand in ’n polisiesel oornag het, was reeds een nag té veel.

Die 14-jarige graad 3-seun het egter Woensdagaand ’n tweede nag in ’n polisiesel deurgebring nadat borgtog daardie dag in die Rehoboth-landdroshof van die hand gewys is, verneem Republikein op goeie gesag.

Husselmann het gister gesê haar kantoor het daardie dag reeds ’n klag ontvang. “Ons ondersoek tans die hele aangeleentheid rondom sy aanhouding.”

Sy het voorts gesê dié ondersoek sal uitgebrei word om ook beweringe te fynkam dat die oorledene, Ivan Zamuee (15), se oom ’n staatsaanklaer by die Rehoboth-landdroshof is.

Dié been van die ondersoek sal ten doel hê om vas te stel of enige magsvergrype ter sprake was.

Die tienerbeskuldigde is gister Windhoek toe gebring waar hy vir 30 dae psigiatries geëvalueer sal word.

Volgens Husselmann is ’n kinderhofaansoek op die tafel “om voorsorg te tref vir sy versorging ná die psigiatriese evaluering klaar is”.

Sy sê die psigiater, onder wie se waarneming die seun in die hoofstad sal wees, sal ’n bevinding maak wat ’n moontlike mediese diagnose kan insluit.

Dít is om vas te stel of die kind hofverrigtinge sal kan verstaan en/of hy oor die bevoegdheid beskik om die onregmatigheid van sy beweerde optrede te begryp én daarvolgens opgetree het, het Husselmann gister verduidelik.

’n Psigiatriese evaluering moet ook bepaal of die seun dalk aan ’n sielkundige siekte of ’n afwyking gely het ten tye van die beweerde moord wat Dinsdagoggend skokgolwe deur die Rehoboth-gemeenskap gestuur het.

Al dié bevindinge sal die aanklaer-generaal in staat stel om te bepaal of die seun weens die beweerde misdaad vervolg behoort te word al dan nie.

Ofskoon die oorledene ’n hoërskoolleerling was, was hy en sy vermeende moordenaar albei in die St. Joseph’s Laerskool se koshuis op Rehoboth omdat daar glo nie vir Zamuee elders plek was nie.

Dié koshuis en skool behoort aan die Rooms-Katolieke Kerk.

Na wat verneem word, het die tienerbeskuldigde vermoedelik Dinsdagoggend tussen 06:30 en 07:00 breekpunt bereik ná hy onder herhaalde afknouery deurgeloop het – na bewering aan die hand van die oorledene.

Die tiener het dié oggend glo ’n mes in die koshuis se kombuis gegryp en na bewering vir Zamuee met een hou doodgesteek.

Zamuee is sowat ’n uur ná die voorval in die St. Mary’s-hospitaal op die dorp dood.

Talle koshuisleerlinge was teenwoordig tydens die tragedie.

Na wat verneem word, het die tienerbeskuldigde glo vreeslik gehuil ná hy ingelig is Zamuee is dood.

Hy moet weer op 12 November in die landdroshof op Rehoboth op aanklag van moord verskyn.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!