Reho sug van verligting
Reho sug van verligting

Reho sug van verligting

Minister Mushelenga is wyd geloof daarvoor dat hy Donderdag die Rehoboth-dorps­raad in die pad gesteek het.
Denver Kisting
Denver Kisting



Rehobothers het selfs die Here gedank en geloof vir einde verlede week se verwikkelinge op hul dorp.

Hulle het hulle in groot getalle tot sosialemediaplatforms gewend om uiting te gee aan die sug van verligting wat hulle slaak oor die skorsing van hul dorpsraad.

Een Facebook-gebruiker sê in 'n bondige inskrywing: “God sluimer of slaap nie. Ons is meer as oorwinnaars.”

'n Ander gebruiker sê: “Uiteindelik gebeur iets positiefs. Hopelik gaan dit ontwikkeling voortbring op Rehoboth. Well done, minister. I just love you for this.”

Iemand anders voeg by: “Prys die Here. Dis hoog tyd,” en uit die pen van 'n ander: “Uiteindelik gebeur iets goeds; hoop, bid en vertrou dit bly iets goeds. Dankie, Jesus, al die lof en eer kom U toe.”

Dít kom nadat die splinternuwe minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, Donderdagmiddag die hele raad van dié beleërde dorp die trekpas gegee het.

In die teenwoordigheid van polisielede, werknemers en enkele lede van die media is me. Christina Blaauw, die

burgemeester, en haar raadslede ingelig dat hul skorsing onmiddellik van krag is en reeds in die Staatskoerant gepubliseer is.

Blaauw het geweier om enige kommentaar te lewer terwyl sy inkopiesakke en stoelkussings uit die spogampsmotor, wat sy dadelik moes ontruim, na 'n ander voertuig toe gedra het.

Hiermee het Mushelenga sommer alle ander plaaslike owerhede die dood voor oë gesweer dat wangedrag nie langer geduld sal word nie.



Strafregtelike gevolge

Op 'n vraag oor of die geskorste Rehoboth-dorpsraadslede ook strafregtelik vervolg sal word, het hy Vrydag aan Republikein gesê: “In dié stadium is daar geen misdadige verslae wat raadslede direk raak nie, maar as daar mense is wat oor sulke inligting beskik, moet hulle na vore kom.”

Volgens Mushelenga kan die Rehoboth-saak só opgesom word: 'n geval van 'n raad wat misluk het om hul magte uit te voer en hul verantwoordelikhede na te kom soos die wet op plaaslike owerhede vereis.



Wanbestuur van geld

Hy het voorts gesê die dorp se ellende word gekenmerk deur wanbestuur en 'n gebrek aan verantwoordbaarheid wat openbare hulpbronne betref. Dit sluit geld wat inwoners aan die dorpsraad betaal en fondse van die sentrale regering in, sê hy.

Volgens hom het dié dorpsraad hulle deurlopend nie aan opdragte van die ministerie gesteur nie. Gevolglik, sê hy, het daar van regstellende maatreëls dadels gekom selfs toe die ministerie 'n taakspan vir langer as 'n maand daar ontplooi het om op die toneel raad en leiding te bied.



Nuwe tussentydse besem

Mushelenga het die afgetrede hoofstreeksbeampte van die Erongo­streek, me. Nathalia /Goagoses, aangestel om intussen namens hom na die belange van die dorp om te sien.

Terselfdertyd het hy die uitvoerende hoof, mnr. Christoph /Uirab, se skorsing opgehef.

/Uirab het by navraag gesê hy verwelkom die skuif en sien uit daarna dat korrupsie wortel en tak op Rehoboth uitgeroei word.

Kort voor Mushelenga se adjunk, mnr. Derek Klazen, se aankoms op die Hardap-dorp het 'n handjievol werknemers met vakbondleiers vergader om hul misnoë oor hul salarisse te kenne te gee.

Hulle sal na verwagting vandag besluit of hulle 'n optog gaan hou.

Klazen is deur die minister afgevaardig om Donderdag die boodskap te gaan oordra.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026