Reho-krane toe vir meer as N$300 skuld
Dorp se waterkommer duur voort
Augetto Graig - Rehobothers gaan môre die dorp se strate invaar in protes teen wanbestuur van die dorpsraad se sake en inwoners se water wat afgesny word as hul rekeninge meer as N$300 agterstallig is.
“Die feit bly staan: Die dorpsraad sit nog in die dieptes wat dit ons finansiële status betref,” het mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof, gister aan Republikein gesê.
Nie net is dit die normale praktyk nie, maar is dit die munisipaliteit se reg om huisgesinne se watertoevoer te staak as hulle agterstallige skuld het, sê /Uirab. Dit is die taak van die departement van finansies en hulle het niemand se toestemming nodig om dié stappe te doen nie.
NamWater het verlede Woensdag Rehoboth se krane – insluitende dié inwoners wie se rekeninge op datum is – toegedraai. Die dorpsraad het NamWater toe in totaal N$36 miljoen geskuld.
Intussen is N$6,4 miljoen verlede week aan NamWater betaal.
“Ons het nou wel betaal en die water is weer aangesluit, maar ons grootste uitdaging nou is om te sien of die inkomste wat ons moet insamel, genoeg is om NamWater en NamPower te betaal,” sê /Uirab. “Ons het nou geen reserwes oor nie.”
/Uirab sê sedert sy aanstelling op 1 Februarie het hy nog nie ’n enkele betroubare finansiële verslag oor die dorpsraad se geldsake ontvang nie.
“Die een verslag wat ek wel ontvang het, was nie betroubaar nie. Die konsultante sê die verslae hang af van die inligting wat op die stelsel geneem is. As die inligting foutief of nie volledig ingesleutel is nie, sal die verslae ook foutief of onvoltooid wees.”
/Uirab het verlede week ’n vergadering met die bestuur en stelselkonsultante belê. Die departement van finansies skenk tans aandag daaraan en hy verwag ’n finansiële verslag teen Maandag. “As die verslag eers hier is, sal ek darem iets hê om my te lei. Sonder dié inligting is die finansiële bestuur van die dorp maar ’n groot uitdaging, selfs tot nou,” sê hy.
Inwoners moenie dissiplinêre optrede teen die dorpsraad en personeel verwag nie. “Die werksomstandighede by die raad is anders. Die administrasie is vir so lank verwaarloos dat dinge soos ’n beleid of standaardprosedures net nie bestaan nie,” sê hy.
Intussen het die Rehoboth-tak van die DTA inwoners gevra om môre verlof te neem en in hul massas protes aan te teken. Die party het ook die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, gevra om in te gryp.
Die UPM se nasionale voorsitter, mnr. Jan van Wyk, het verskeie probleme uitgesonder: Die omstrede heraanstelling van mnr. Willie Swartz, die beweerde misbruik van reistoelae, dienste soos die brandweer waarvoor betaal word, maar nie beskikbaar is nie, asook paaie wat nie opgeknap word nie al is daarvoor begroot.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie