Regstelling oor filmkategorie
Vermaak
In vandag se berig “The White Line maak debuut in VSA” op bladsy 4 word verkeerdelik berig dat dié rolprent tans ’n kandidaat is vir oorweging as die Namibiese rolprent wat in die internasionale speelfilm- en/of dokumentêre kategorie by die 94ste Oscars kan meeding.
The White Line kwalifiseer nié tans om as amptelike Namibiese rolprent gekies te word om in hierdie kategorieë mee te ding nie, aangesien die film reeds in November 2020 vrygestel is, en die vereiste van die Namibiese Oscars-keurkomitee is dat slegs rolprente wat ná 1 Januarie en voor 31 Desember vanjaar uitgereik is, in aanmerking kom.
The White Line is wel vir die algemene kategorieë ingeskryf, wat in dié stadium nog nie bekend gemaak kan word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie