Regsgeding dreig oor mangaan
Regsgeding dreig oor mangaan

Regsgeding dreig oor mangaan

Op ’n openbare vergadering op Lüderitz sal die impak van mangaanerts bespreek word, asook moontlike regsaksie.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith - Bekommerde inwoners van Lüderitz is oorgehaal vir 'n openbare vergadering Maandag om die kwessies van die mangaanerts-debakel te bespreek, wat moontlike regsaksie en 'n petisie insluit.

In ’n kennisgewing wat vandeesweek versprei is, is inwoners en owerhede ingelig die vergadering is ’n platform vir gesprekvoering oor die moontlike gesondheidrisiko’s van mangaanerts op mense en die varswater- en mariene omgewing, asook die moontlike impak van mangaanuitvoere deur Lüderitz.

Mnr. Reginald Hercules staan die afgelope weke agter dié veldtog om die gevare van mangaanerts, asook die hantering daarvan uit te lig. Volgens hom is die vergadering 'n geleentheid om diegene aan te spreek wat inwoners en die omgewing op 'n "roekelose wyse" met die onwettige hantering van mangaanerts bedreig.

Hy het gesê dit is ook die geleentheid om die stoor van 620 ton erts in ’n pakhuis op die hawe, wat talle ag as onveilige omstandighede, te bespreek.

Volgens die kennisgewing sal ’n petisie tydens die vergadering opgestel word. Ook sal moontlike regsaksie bespreek word “oor die onlangse storting en berging van mangaan op Lüderitz, sonder goed geadverteerde openbare konsultasies en ‘n omgewingsklaringsertifikaat".

Namibia Sun het vroeër berig ’n Suid-Afrikaanse maatskappy, TradePort, is opdrag gegee om die aflaai van erts op ’n oop terrein naby die dorp te staak. Dit is een van twee maatskappye wat ’n ooreenkoms met Namport onderteken het om mangaan van Lüderitz na China uit te voer.

Die ministerie van die omgewing en toerisme het bevestig die maatskappy het die erts onwettig afgelaai en nog geen omgewingsklaringsertifikaat ontvang soos die wet vereis nie.

Vragmotors gelaai met die erts is op beslag gelê. Die produk is na die hawe geneem nadat die ministerie Namport toestemming gegee het om dit tydelik daar te stoor.

Veiligheidskwessies

Mnr. Hiskia Mbura van die misterie se omgewingsafdeling het verlede week aan Namibian Sun bevestig dat Namport se berging van die mangaanerts 'n "remediërende maatreël was om 'n nakomingsbevel uit te voer wat deur hierdie kantoor uitgereik is en dus binne die wet is".

Hy het gesê inwoners se kommer dat die twee Rubb Halls waarin die erts gestoor word nie behoorlik toegerus is om gevaarlike materiaal te berg nie en verskeie bedreigings inhou, is ongegrond.

Rubb Halls is groot, tentagtige strukture wat gebruik word vir tydelike berging van konstruksiemateriaal of humanitêre hulp.

Mbura het gesê die polisie en omgewingsinspekteurs sal die berging monitor word om te verseker die veiligheidsvoorwaardes word nagekom.

Mbura het bygevoeg "die gesondheid- en veiligheidsrisiko's wat met mangaan verband hou, word beperk tot die hantering en vervoer daarvan in 'n oop omgewing, waar dit aan wind blootgestel word".

Volgens hom het die ministerie en Namport verseker dat “bykomende maatreëls toegepas is om die infiltrasie van die besmette water in die pakhuis te voorkom. Die natmaak word gestaak sodra die stof onder beheer is, daarom is die hoeveelheid water wat gebruik word minimaal, aangesien daar nie afloopwater is nie."

Skoonmaak

In reaksie op inwoners se kommer oor gesondheidskwessies het die uitvoerende hoof van Namport, mnr. Bisey /Uirab, gesê die "vrag se eienaar het 'n plaaslike kontrakteur gevestig in Lüderitz gehuur" om die erts na die hawepakhuis te vervoer.

“Ongelukkig het die kontrakteur wat TradePort Namibia CC gehuur het, nie voldoen aan die vereistes vir persoonlike beskermingstoerusting (PPE) nie. Die veiligheids- en gesondheidsbeampte van Namport was op die perseel om die situasie reg te stel,” het hy gesê.

/Uirab het gesê toe beamptes van Namport en ander owerhede daar aangekom het, het die kontrakteur net die stof onderdruk deur water oor die mangaan te spuit.

"Die laai het eers begin toe Namport, die ministerie van die omgewing en toerisme [se amptenare] en die polisie op die toneel aangekom het. Alle veiligheidsmaatreëls is ingestel. Hierdie produk is streng volgens die ministerie en Namport se vereistes hanteer," het hy gesê.

/Uirab het bygevoeg die "vinnige ingryping van die ministerie het die situasie reggestel deur die mangaanerts in 'n geslote ruimte te stoor”.

Hy het gesê Lüderitz-inwoners kan verseker wees die projek hou geen verdere gevaar vir die gemeenskap in nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042