Registrasie kom traag uit blokke

Dag Een ‘stadig’

08 September 2020 | Politiek
Denver Kisting – Die eerste dag van die agt dag lange registrasieproses vir later vanjaar se streek- en plaaslikeowerheidsverkiesings het gister traag uit die blokke gekom.

Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, sê hulle verneem “dat dit absoluut stadig is”.

Mnr. Mike Kavekotora, leier van die Rally for Democracy and Progress (RDP), stem saam. “Wat ons opgetel het, is dat die proses stadig is, en mense is meer besorg oor hul gesondheid tydens dié pandemietydperk. Registrasie is vir sommige sekondêr.”

Dr. Panduleni Itula, leier van die Independent Patriots for Change (IPC), het ook soos Venaani verwys na ’n boodskap op sosialemediaplatforms waarin gekla word oor die stadige registrasieproses.

Hierin sê mnr. Dave Viljoen, die oudverkeershoof: “Die registrasieproses is stadig en pynlik. Ek was vanoggend daar om seker te maak my kieserskaart is reg, maar toe is ek ingelig die kaarte waarop die datum van 2014 verskyn, het verval.”

Me. Lina Ndengu, die woordvoerder van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), het gistermiddag by navraag toegegee daar bestaan verwarring.

Volgens haar vind ’n algemene registrasieproses volgens wet elke tien jaar plaas.

Die vorige een was in 2014 en die volgende een is vir 2024 geskeduleer.

Mense wie se vanne sedert die vorige proses verander het, mense wat nie meer in dieselfde kiesafdeling as toe woonagtig is nie en diegene wie se kieskaart nie “LA” (Local Authority) aandui nie, moet opnuut aan die huidige aanvullende proses deelneem.

Die agt dag lange aanvullende registrasieproses loop 15 September ten einde.

Ndengu sê voorts: “Die doel van aanvullende registrasie van kiesers voor ’n verkiesing gehou word, is om mense in te sluit by die stemregister wat sedert die vorige registrasie 18 jaar oud geword het, mense wat van een kiesafdeling na ’n ander verhuis het, of mense wie se kieskaarte as vermis of beskadig aangemeld is, en enige ander aansoeker wat vir registrasie kwalifiseer (volgens die kieswet).”

Ndengu sê ’n lae stempersentasie vir streekraads- en plaaslikeowerheidsverkiesings besorg al lank vir die nasionale kiesliggaam hoofbrekens. “In 2015 se streekraadsverkiesings was die stempersentasie 39% en 33% vir die plaaslikeowerheidsverkiesings.”

Derhalwe, sê sy, teiken die ECN voornemende kiesers in plaaslike owerhede wie se kaart aandui: “LA not applicable” om te gaan registreer om aan die verkiesings te mag deelneem.

Aangesien die kieswet voorskryf dat ’n aanvullende registrasieproses net mense vir ’n spesifieke verkiesing mag huisves, sou mense wat verlede jaar geregistreer is, net aan die presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings kon deelneem, sê die woordvoerder.

Dié mense sal ook aan die huidige proses moet deelneem om in aanmerking te kom om op 25 November vanjaar te stem, het Ndengu benadruk.

“Ons glo dat dié ’n geleentheid is wat beskikbaar gestel is aan kiesers om hul fundamentele reg uit te oefen en om tyd te maak om te verseker hulle mag vir diegene wat hul belange op streekvlak verteenwoordig, stem,” het sy by navraag aan Republikein gesê.

Augetto Graig berig min mense het gister tydens die voormiddag by die registrasiepunt by die Wernhill-taxistaanplek opgedaag om te registreer. - [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...