Regering van 'etniese uitsluiting' beskuldig
Regering van 'etniese uitsluiting' beskuldig

Regering van 'etniese uitsluiting' beskuldig

Die Beweging vir Grondlose Mense sê etnisiteit is vir die regering 'n bepalende faktor wanneer dit grondtoewysings oorweeg.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) sê die Namibiese regering maak homself skuldig aan “etniese uitsluiting en suiwering deur sosiale knoeiery” en dat pres. Hage Geingob “'n muur gebou het” teen dié beweging om sy siening te onderdruk.
Een van die lede, mnr. Seth !Nowaseb, het gesê terwyl die regering voorgee die land is verenig, is daar sedert onafhanklikheid sterk stam- en etniese onderstrome om sekere groepe voor te trek terwyl ander uitgesluit word. Hy het gesê dit is duidelik te sien in wie die topposte in regeringsministeries, -agent­skappe en -kantore beklee en dat 90% van alle studiebeurse aan 'n spesifieke etniese groep toegeken word.
Dít, sê die LPM, is ook duidelik in die toedeling van plaas- en stedelike grond.
“Dit is gevaarlik en ons doen 'n beroep op pres. Geingob om stamgebondenheid in die regering 'n nekslag toe te dien,” het !Nowaseb op 15 Mei by 'n LPM-mediakonferensie in ­Katutura gesê. “Terwyl sommige mense heerlik van die tafel af eet, veg ander vir die krummels.”
Die groep beweer raadslede in Windhoek teiken Damara-, Nama- en Ovahererogroepe met grondafsettings en lukrake verwyderings.
Past. Isak Kharob van die Okahandja Park- informele nedersetting beweer grondtoekennings word op korrupte wyse ten gunste van 'n sekere stamgroep en ten koste van ander uitgevoer.
'n Inwoner van Karibib, me. Diana Geingos, het gesê 'n aantal grond­lose mense het onwettig grond beset omdat die munisipaliteit weier om dit aan mense te gee wat daar gebore is en grootgeword het, terwyl mense van elders nie afgesit is nie. “Ons sal nie stem as ons nie grond kry nie,” het sy gesê.
Me. Rebekka Vleermuis van Stamp­riet het gesê plaaswerkers wat hul werk verloor, word sonder 'n heenkome in die dorp afgelaai terwyl hul lewende hawe krepeer. Sy het voorgestel dat die regering omliggende boere vra vir grond vir die voormalige plaaswerkers. “Ons soek nie oorlog nie. Ons vra in vrede vir 'n stukkie grond. Ons soek ons voorvaderlike grond in vrede terug,” het sy gesê.
'n Voormalige plaaswerker, mnr. Isack !Nowaseb, het gesê hy het 150 bokke gehad toe hy sy werk op Plaas Debalt in die Omahekestreek verloor het.
Nou het hy net drie bokke oor nadat hy in Gobabis afgelaai is, sê hy.
!Nowaseb het gesê hy het die Omahekestreek se goewerneur, mnr. Festus Ueitele, versoek om vir hervestiging oorweeg te word, maar die goewerneur het gesê hy het “geen grond vir Damara of San in sy sak nie”.
Volgens !Nowaseb het die goewerneur gesê slegs mense van Katima Mulilo of Eiseb Blok met minstens 800 beeste en 80 bokke sal vir hervestiging in Omaheke oorweeg word.
“Die regering het die hervestigingsprogram begin om arm mense te help. Watter reël sê jy het soveel diere nodig om grond te kry? As dit die geval is, hoe gaan die regering die kwessie van armoede oplos?” wou !Nowaseb weet.
Ueitele ontken !Nowaseb se aantygings.
“Hoe kan hy beweer ek het so iets gesê? Ek is nie waansinnig nie.”
Ueitele het gesê as voorsitter van die Omaheke-grondraad word hy deur die beleide en reëls van daardie liggaam gelei.
“Ek het nog nooit gesê daar is nie grond vir sekere groepe nie,” het Ueitele beklemtoon en bygevoeg dat die grondraad uit hoofmanne van alle stamme bestaan.
“Mense kan my nie nader oor hervestiging nie. Hulle kan net aansoek doen om plase wat geadverteer word, en daar is voorwaardes aan gekoppel. Hulle kan nie by my aanklop om vir plase te vra nie. Ek het nie plase om te gee nie en in geen stadium sou ek gesê het net mense van Katima Mulilo mag aansoek doen nie. Ek is verantwoordelik vir die opheffing van die mense van Omaheke.”
Grondkonferensie
Die LPM het terugvoering gegee oor vergaderings wat in die streke van Kunene, //Kharas, Erongo, Omaheke, Otjozondjupa, Oshikoto en Khomas gehou is, waar hy gesê het die beweging groei weens toenemende kommer oor twyfelagtige grondtoekennings.
Die beweging het streekvergaderings gehou ter voorbereiding van die tweede nasionale grondkonferensie wat in September plaasvind.
Die LPM beplan om van 13 tot 17 September sy eie “grondkonferensie vir die mense” in Windhoek te hou, wat die nasionale konferensie sal voorgaan. Mnr. Henny Seibeb is as die voorsitter van die LPM-grondkonferensie aangewys. Een van sy mandate is om plaaslike gemeenskappe en inheemse bewegings van elders in die wêreld daarheen te nooi.
'Geen betrokkenheid'
Die LPM het gesê dit is kommerwekkend dat die ministerie van grondhervorming nog raadplegende vergaderings met gemeenskappe oral oor die land ter voorbereiding van die grondkonferensie moet hou.
Hy sê die gebrek aan betrokkenheid van pres. Geingob, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, en die permanente sekretaris, mnr. Peter Amutenya, is kommerwekkend.
Volgens die LPM het die regering nog nie navorsing gedoen vir die komende konferensie nie, terwyl die beweging reeds noemenswaardige navorsing gedoen en aantekeninge gemaak het.
“Hoe reël jy 'n 'inklusiewe' konferensie sonder om belanghebbendes soos die LPM te betrek?” wou die groep weet.
Hy het 'n beroep op pres. Geingob gedoen om 'n gesamentlike komitee van regeringsagentskappe en burgerlike organisasies – soos die LPM – aan te stel om globale en plaaslike alternatiewe tot grondhervorming in Namibië na te vors.
Die LPM het voorts die ­Lutherse Wêreldfederasie gekritiseer oor die uitreiking van 'n verskoning vir die 1904-'08-volksmoord en grondonteiening, sonder om gesprekke te voer met gemeenskappe wat daardeur geraak is.
Die beweging het gesê plaaslike Lutherse kerke behoort die verskoning terug te trek en met hul gemeentelede te praat oor hul sentimente wat dié kwessie betref.
Die LPM het Lutherse kerke in Namibië asook die Katolieke kerk daarvan beskuldig dat hulle in koloniale tye groot stukke grond deur onteiening en grondvergrype in die hande gekry het. Hy het gesê die kerke het sedertdien voortgegaan om grond in stedelike gebiede en op die platteland aan te skaf.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%