Regering staan bakhand vir 2% van almal

PDM vaar uit

23 May 2019 | Plaaslik
Denver Kisting – Die regering wil hê elke werkende Namibiër moet eenmalig 2% van sy maandelikse basiese salaris skenk.

Luidens ’n gelekte brief wil die regering die geld wat hulle na verwagting hiermee sal invorder, gebruik om die ellende van die droogte te verlig, jeugvaardighede op te skerp en ondernemingsontwikkeling ’n hupstoot te gee.

Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister, mnr. I-Ben Nashandi, het gister aan vakbonde geskryf om môre oor die kwessie te beraadslaag.

Mnr. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), het gister bevestig hy het die brief ontvang.

Hy wil nie môre se vergadering vooruitloop nie, het hy by navraag gesê. Maar dié wending is ’n algehele eerste, sê hy.

Me. Saima Shaanika, die woordvoerder van die eerste minister se kantoor, het laat gister gesê die brief was vertroulike interne kommunikasie tussen dié kantoor en die NUNW.

Sy weet nie hoekom dit uitgelek is nie.

Volgens haar moet verdere navrae daaroor aan Muniaro gerig word.

Mnr. Nico Smit van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het ’n beroep op Namibiërs gedoen om te weier om dié bydrae te betaal. “Hoekom sal jy betaal as die Swapo-geleide regering steel, verkwis en hulleself verryk met ons belastinggeld?”

Hy het werkers wie se werkgewers die geld van hul salarisse sal verhaal, aangeraai om regstappe te doen.

Die mees onlangse data van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) toon die land het sowat 600 000 werkende inwoners.

Teen druktyd gister het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, nog nie gereageer op 'n navraag per WhatsApp oor hoeveel geld die regering sou kon insamel indien almal wat salarisse verdien, tot dié eenmalige aftrekking sou instem nie.

Soortgelyk

 

Geingob vergader met Nanso oor studiegeld

8 ure gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob...

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

9 ure gelede | Omgewing

Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi...

Katrina hoor Maandag 8 Julie

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Regter Christie Liebenberg het vandag gesê hy sal nie later nie as 8 Julie uitspraak lewer in die verhoor van me. Katrina...

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

11 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

12 ure gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

13 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

23 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

23 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...