'Regering moenie met beesbemarking inmeng'

Onrustigheid heers oor moontlike beheermaatreëls om die uitvoer van lewende beeste na Suid-Afrika te verminder.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Beperkings van regeringskant in die lewende uitvoere van beeste kan rampspoedige gevolge vir die kommunale ­boerderygebiede in die ooste van die land hê, waarvandaan sowat 60% van dié speenkalwers kom.

Onsekerheid heers tans onder beesboere vanweë vrese dat die regering beperkings kan plaas op die getal speenkalwers wat na voerkrale in Suid-Afrika uitgevoer mag word.

Altesaam 230 797 beeste is van Januarie af tot die einde van Junie vanjaar bemark, waarvan 66%, of 152 326, lewend uitgevoer is. Verder is 18% (41 543) deur Meatco bemark en 16% (36 928) is by die B- en C-klas abattoirs in die land geslag.

Verlede jaar is 224 127 beeste in die ooreenstemmende tyd bemark. Dit is 3% minder as vanjaar. Dít blyk uit die jongste bemarkingstatistieke wat deur die Vleisraad van Namibië bekend gemaak is.

Mnr. Ramana Mutjavikua, voorsitter van die Otjozondjupa ­Kommunale Boere-unie (OCFU), het onlangs tydens 'n nuuskonferensie in Windhoek namens kommunale boere in dié streek, asook in die Omaheke­streek, gesê hulle is bekommerd oor die regering en die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU) se geluide oor uitvoerbeperkings.

“Hulle is aggressief besig om hulle vir groter waardetoevoeging in die speenkalfsektor te beywer en dit gaan ten koste van die produsente wees,” het hy later in 'n onderhoud aan ­Republikein gesê.

“Die kommunale boere in die ooste van Namibië is almal speenkalfprodusente. Verlede jaar is 310 000 beeste lewend uitgevoer en omtrent 200 000 daarvan was van ons afkomstig.”

Mutjavikua sê die boere wat hy ­verteenwoordig, verkoop hul speenkalwers by sogenaamde permitdae of by kommersiële veilings.

“Ons het nie die weiding om daardie beeste groot te maak en dan eers te bemark nie.” Hy sê as die regering hierdie kommunale boere kan help om hul plase te ontbos sodat die ­weidingstoestande verbeter, sal hulle nie nodig hê om soveel diere op 'n jong ouderdom reeds te bemark nie.

“Meatco is ook welkom om ons speenkalwers vir hul voerkrale te koop. Al die boere suid van die rooilyn is onderhewig aan die streng ­Europese verwagtinge. Meatco laat ons hieronder kniel; dan moet hulle mos vir ons baie beter pryse ook betaal,” sê Mutjavikua.

Mnr. Harald Marggraff, hoof van bedrywe by die Namibië Landbou-unie (NLU), sê kommersiële boere is ewe bekommerd oor moontlike inmenging deur die regering.

“Die Ooste is nie geskik om speenkalwers uit te groei tot slagosse nie. Weens die sanderige grond is daar nie krag in die weiding nie.

“Die ander probleem is dat dit nie ekonomies sin maak om slagosse te produseer nie. As die speenkalfprys 67% van die slagprys is, kan 'n boer daardie kalf nog uitgroei. Maar as dit styg na 80% van die slagprys, soos nou gebeur omdat Meatco se pryse nie byhou nie, kan boere dit nie bekostig nie,” verduidelik Marggraff.

Mnr. Hannes Visagie, 'n kleinveeprodusent van die Suide, sê die kleinveebemarkingskema wat die regering 14 jaar gelede vir die skaapbedryf ingestel het om binnelandse waardetoevoeging te verbeter en uitvoergetalle te beperk, was rampspoedig.

“Dit was alles behalwe in die beste belang van hierdie land. Die gemeenskap in die Suide bloei, want dit het ons laat verarm,” sê hy.

Intussen meen die Vleisraad die huidige afwaartse beweging in die pryse van speenkalwers gaan voortduur. Dit is aangesien meer speenkalwers in die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar is.

Die laer pryse kan daartoe lei dat minder speenkalwers in die tweede helfte van die jaar uitgevoer word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026