Regering het nou nog nie geld vir SAL

21 January 2020 | Sakenuus
Francois Williams en Bloomberg – Die departement van openbare ondernemings en die nasionale tesourie is steeds in gesprek om die R2 miljard te vind wat aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens belowe is. Die SAL sal van sy vlugte moet inkort as hy nie teen Sondag die geld sou kry nie, het die lugdiens se sakereddingspraktisyn verlede week gewaarsku. 'n Woordvoerder van die sakereddingspraktisyn het Sondagaand egter wel bevestig SAL se vlugte gaan voort soos normaal.

Volgens anonieme bronne van die nuusdiens Bloomberg het die SAL reeds die lening van R2 miljard bestee wat hy in Desember 2019 van banke ontvang het. Benewens dié R2 miljard sou die SAL ook R2 miljard van die regering ontvang het, op ’n “begrotings-neutrale” grondslag, d.w.s. die geld sou êrens vandaan moet kom sonder dat dit die staatskas se skuldlas vergroot.

Tito Mboweni, minister van finansies, het verlede week laat blyk onderhandelings duur nog voort om die geld in die hande te kry. Maar Sondagaand het die kantoor van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gesê ná 'n vergadering met die sakereddingspraktisyn is die departement steeds in gesprek met die tesourie om die geld te vind wat belowe is as deel van die ooreenkoms in Desember om die SAL in sakeredding te plaas.

Maniere vir die staat om te geld te kry sou wees om van sy nie-kernbates te verkoop, soos ’n deel van sy belang in die gedeeltelik geprivatiseerde telekommunikasiemaatskappy Telkom, het Bloomberg se bronne laat blyk. Die verkoop van staatseiendom in die Waterfront in Kaapstad is ook van die opsies wat oorweeg kan word, het die bronne genoem.

Die SAL oorweeg self ook die verkoop van sekere eiendom, filiale of selfs sy gesogte landingsregte op die Heathrow-lughawe in Londen, het ’n bron gesê.

’n Tesouriewoordvoerder wou nie Sondag navrae oor die kwessie antwoord nie, en het vrae verwys na die departement van openbare ondernemings.

Die regering gaan voort om saam met die sakereddingspraktisyns te werk om die SAL te herstel sodat meer werkgeleenthede in die toerisme- en ander bedrywe geskep kan word, lui 'n verklaring van Gordhan se kantoor. Die regering sal ook met ander lugdienste in Afrika saamwerk om markte in Afrika te integreer en om handel- en reisbedrywighede binne Afrika drasties te verbeter.

Die regering is vasbeslote om werkverliese te beperk en 'n nuwe SAL te skep waarop alle Suid-Afrikaners trots kan wees. Die doel is ook steeds om 'n strategiese aandelevennoot vir die lugdiens te vind, lui die verklaring.

Adamus Stemmet, woordvoerder van Amagp, ’n ledegroep wat die staatsdienspensioenfonds (GEPF) monitor, het gewaarsku die regering moenie dit weer waag om geld by die GEPF te leen vir die sukkelende staatsondernemings soos voorheen al met Eskom gedoen is nie. Begin verlede jaar het die regering oorbruggingsfinansiering van R5 miljard vir Eskom gekry deur dit by die GEPF te leen.

Stemmet waarsku dit sal ’n roekelose stap wees as die GEPF weer reddingsboeie vir staatsondernemings verskaf, en sal ’n oortreding van die Pensioenfondswet wees.

Die SAL het verlede week aangekondig hy gaan nege van sy ouer Airbus A340 passasiersvliegtuie verkoop om vier nuwe Airbus A350-900’s in sy vloot te kan bekostig. Dié stap hou niks verband met die sakereddingsproses nie, het Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SAL, toe gesê.

Dit is bedryfstappe om sy vloot te vernuwe en te sorg dat die lugdiens bybly met die jongste tegnologie en passasiersgerief. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike...

11 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van industrialisasie en handel, me. Ndiita Nghipondoka-Robiati sê 1 100 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike dienste is reeds...

Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd

12 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, armoedeverligting en maatskaplike welsyn, me. Martha Mbombo sê die aantal gevalle van geslagsgeweld het gestyg sedert...

Chinese vissersbote laat gaan

1 dag gelede | Visserye

Leandrea Louw - Die ses Chinese vissersbote waarop die Namibiese vloot beslag gelê het na hulle naby Hentiesbaai hul ankers laat sak het, is laat...

Gratis aanlyn jogaklasse vir almal

1 dag gelede | Gesondheid

Tanja Bause – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het gratis aanlyn jogaklasse bekend gestel. Die klasse sal vanaf Maandae tot Vrydae tussen 17:00 en 18:00...

Kos vir hongeres

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Me. Tracy Vermeulen (32) geleentheidsbestuurder van die Wanderers-sportklub, vrou en ma van drie dogters, sê geen gebaar is te groot of te...

Meatco se fabriek heropen Woensdag

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Meatco het in die lig van die staatsproklamasie wat die landbouwaardeketting as ’n noodsaaklike diens verklaar en ná gesprekke met die ministers...

Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers

1 dag gelede | Gesondheid

Die Russiese miljardêr en Namibiese grondbaron mnr. Rashid Sardarov gaan beskermende drag soos gesigmaskers, mediese brille, handskoene, persoonlike beskermende toerusting (PPE) en ander noodsaaklikhede ter...

Lufthansa: Nóg vlugte vir repatriëring

1 dag gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Benewens die vyf spesiale vlugte waarmee 1 200 Europeërs tussen Sondag en Woensdag uit Namibië na Frankfurt en München in Duitsland teruggekeer...

Virus knip kruistog kort

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Martin Esterhuizen (58) het 10 km buite Windhoek terug na sy huis in Otjomuise gestap. Dít met ’n houtkruis. “Ek het...