Regering help graanboere
Regering help graanboere

Regering help graanboere

Augetto Graig
Augetto Graig - Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het gister in die parlement uitgebrei oor hoe die regering veral graanboere ondersteun.
Bykomend tot die projekte en programme soos die groenskemas en saadnavorsing, bied die droëland-produksieprogram ook subsidies vir insetkoste en dienste, sê hy. Verder reguleer die regering die prys van muhango, sorghum en mielies.
Hy het gesê die prys vir muhango is in die Staatskoerant teen N$5 327 per ton vasgestel, en mielies teen N$4 474 per ton. Daarbenewens is die prys vir muhango op die informele mark ongeveer N$1 000 per ton, en vir mielies N$3 168. Dus subsideer die regering graanboere merkwaardig, volgens die minister.
Die regering koop ook graan teen 'n vasgestelde prys aan om nasionale voedselstore aan te vul en graanboere is dus verseker van 'n mark vir hul produksie, voeg hy by. Dié graan word in silo’s by Katima Mulilo (7 400 ton), Rundu (4 000 ton), Omuthiya (4 000 ton), Tsandi (3 000 ton) en Ekongo (4 500 ton) gestoor.
Tot op 10 September het die regering dié jaar reeds 3 219 ton witmieliemeel vanaf 457 klein- en mediumgrootte boere teen N$18 802 577 aangekoop, het hy gesê. Die regering se Landboubemarkings- en Handels¬agentskap (Amta) het bykomend 179 ton muhango van 137 boere in Kavango-Wes, Kavango-Oos, Omusati, Oshona, Oshikoto en Ohangwena vir N$949 419 aangekoop, sê Schlettwein. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!