Regering gryp in by lughawens
Regering gryp in by lughawens

Regering gryp in by lughawens

Dr. Leake Hangala is sedert gister as voorsitter aan die stuur van sake by die Lughawensmaatskappy.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die regering het laat gistermiddag te midde van stygende vrese oor die toekoms van internasionale vlugte na en van die land, ’n reddingsboei vir die lugvaartbedryf uitgegooi.

Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het aangekondig die swaargewig sakeman en -leier, dr. Leake Hangala, is as die nuwe voorsitter van die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC) aangestel. Adv. Irene Visser is die adjunkvoorsitter.

“Ná uitgebreide en baie gefokusde konsultering waartydens grondige en wyse raad bekom is, het ek besluit om sekere dringende veranderinge aan die samestelling van die huidige raad van direkteure van die NAC te maak,” sê hy in die verklaring.

Die ander drie raadslede is mnr. Rudolph Ritmann en mee. Grace Muhamed en Ipupa Kasheeta.

Die Federasie vir Namibiese Toerismeverenigings (Fenata) en die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging (Aopa) het ná ’n vergadering Dinsdag met beamptes van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao), wat die oudit gaan behartig, hul kommer opnuut uitgespreek.

Hulle waarsku die naderende sekuriteitsoudit deur die internasionale waghondliggaam vir lugvaartveiligheid gaan landswyd geskied, wat beteken die nasionale lugruim kan onveilig verklaar word en nie net die Internasionale Lughawe Hosea Kutako nie.

“Tydens die vergadering het die beamptes dit baie duidelik gemaak dat, soos sake nou staan, nie net die Internasionale Lughawe Hosea Kutako nie, maar Namibië in die geheel nié aan die vereiste veiligheidstandaarde voldoen nie. Dit beteken Namibië se lugruim sal as onveilig vir internasionale vlugte verklaar word.

“Die direkte en onmiddellike gevolg is internasionale rederye soos Qatar en KLM sal nie meer na Namibië vlieg nie, en Air Namibia sal in alle waarskynlikheid verbied word om na internasionale bestemmings te vlieg,” lui die gesamentlike verklaring van Fenata en Aopa.

Nóg die ? nóg Air Namibia het vir hierdie vergadering opgedaag.

Intussen het mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, Woensdag by navraag gesê daar is nie ’n plan B indien die NAC as lughawe-operateur nie betyds aan al die voorgeskrewe sekuriteitstandaarde voldoen nie.

“Hierdie is ’n nasionale oudit en sal dus moontlik alle lughawens raak.”

Volgens hom is Icao se primêre kommer die wyse waarop passasiers en vrag hanteer en beweeg word.

“Dit is belangrik om te voorkom dat inkomende vrag en passasiers met uitgaande vrag en passasiers meng. Die beperkte beskikbare ruimte in die lughawegebou maak dit moeilik en Icao wil sien dat dit opgelos word.”

Jooste sê egter hy is “100% seker” al die tekortkominge sal vóór 18 November reggestel word.

“Ons het in Augustus besluit om die kapasiteit by die NAC te verhoog en om drie buitelandse kundiges tydelik aan te stel om met die voorbereidings vir die oudit te help,” sê hy.

OUDITPROSES

’n Ingeligte bron het op voorwaarde van anonimiteit verduidelik hoe die Icao-oudit sal verloop. “Ná die oudit van 18 tot 28 November sal hulle (Icao) ons 14 werksdae gee om die foute wat hulle gevind het, reg te stel. As ons dit nie doen nie, word Namibië met ’n rooi vlag op Icao se webtuiste gemerk.

“Die gevolg daarvan sal wees dat lugrederye Namibië as ’n bestemming sal heroorweeg. Die veiligheidsvrese sal dadelik ’n versekeringsprobleem vir hulle skep. KLM is reeds met sy een voet by die deur uit,” het die bron gesê.

Volgens hom is die skandering (van passasiers en hul bagasie) een van die grootste probleme. "Dit is hoekom KLM ’n onafhanklike diensverskaffer aangestel het om ’n tweede skandering te doen nadat passasiers van hierdie redery deur die Namibiese polisie se skanderingspunt beweeg het,” sê hy.

KLM SKRYF BRIEF

Die Nederlandse redery KLM, wat sedert 31 Oktober 2016 na Namibië vlieg, het al in Januarie vanjaar ’n brief aan die Namibiese regering gestuur waarin hy sy kommer uitgespreek het oor die sekuriteitsleemtes by Hosea Kutako.

Mnr. Wouter Vermeulen, hoofbestuurder van KLM in Suider-Afrika, het gister uit Europa gesê die roete na Namibië is belangrik en die redery het dit twee jaar gelede “met goeie rede ingestel”. Hy sê KLM hou saam met ander belanghebbendes asem oor die oudit op.

“Ons vlieg mense van een punt na ’n ander en wil dit natuurlik op die veiligste wyse moontlik doen. Dit is ook hoekom ons die tweede skandering ingestel het.

“Vir ons is dit belangrik dat die NAC die opgradering by die lughawe waartoe hy hom verbind het, so vinnig as moontlik in werking stel,” het hy gesê.

Mnr. Dan Kamati, woordvoerder van die NAC, sê die Lughawensmaatskappy is vol vertroue dat hy tydens die oudit baie verbeteringe aan die Icao-span kan wys.

“Sedert die afgradering van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in 2014 het die NAC saam met ander rolspelers hulle daartoe verbind om nooit weer die vermybare en gevreesde afgradering in die gesig te staar nie. Ons het die afgelope jare goed gevaar en het geen twyfel dat ons ondanks die finansiële uitdagings en gebrek aan ruimte by die lughawe dit weer sal regkry nie,” sê hy.

Die tender van N$145 miljoen vir tussentydse opgraderingswerk aan die terminale by dié lughawe het einde Junie gesluit.

Sedertdien sloer die NAC met ’n aankondiging in dié verband.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026