‘Regering faal sy rentmeesterskap’

Die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vergader vandag op Swakopmund met die rolspelers in die visbedryf.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – “Die fiasko waarop die regering se viskwotaveiling uitgeloop het, wys hy het sy rentmeesterskap van ’n nasionale bate gefaal.

“Viskwotaveilings is nie ’n nuwe konsep nie. Lande soos Chili pas dit lankal toe. Die proses is egter nie deurdink en reg beplan nie. Navorsing moes byvoorbeeld gedoen word oor wat is die beste praktyk om te volg.”

Só sê die ekonoom mnr. Bruce Hansen, besturende direkteur by Simonis Storm.

“Die roekeloosheid waarmee die regering sy rentmeesterskap beoefen, bekommer my,” sê Hansen en voeg by dit knou die ekonomie en raak mense se lewensomstandighede

“Ons moes die maksimum ekonomiese waarde uit dié hulpbronne gekry het,” sê hy.

Dit blyk vismaatskappye in Namibië is die afgelope weke oorval deur opportunistiese aktetas-bieërs wat gehoop het om vinnig geld te maak nadat hulle onrealistiese hoë aanbiedinge gemaak het op die regering se viskwotaveiling.

“Een van die bieërs wat ons gekontak het, was onder die indruk die vis waarvoor hy gebie het, is klaar gevang en gereed om verkoop te word. Dit was duidelik uit die oproepe wat ons gekry het, dat die bieërs geen benul het wat in die visbedryf aangaan nie.”

Só sê mnr. Jason Angala van African Selection Marketing, bemarkingsarm van Seaflower Pelagic Processing op Walvisbaai.

Mnr. Matti Amukwa, voorsitter van die Konfederasie van Namibiese Visserye-verenigings (CNFA), het gister by navraag gesê die astronomiese bedrae wat op die veiling aangebied is, toon aan dit was spekulante wat vinnig wou geld maak en nie weet wat die werklike waarde van die vis is nie.

Met verwysing na Ekondjo Fishing wat ’n bod ingesit het vir ’n kwota van 48 ton stokvis, sê Amukwa: “As hulle die visbedryf geken het, sou hulle geweet het vir so ’n klein kwota beweeg jy nie eens die visserboot uit die hawe nie.”

Die opbrengs van die veiling was uiteindelik ’n skrale N$8,5 miljoen, terwyl die kwotas vir sowat N$628 miljoen opgeveil is.

Die werklike verlies vir die nasionale ekonomie is meer as N$1,5 miljard.

Hansen sê as die veiling reg beplan was, sou ’n keuringsproses plaasgevind het om kansvatters uit te skakel.

Amukwa sê die kans wat die regering gehad het om geld vir sy Covid-19-behoeftes te maak, is verspil. “Die kwotas kan nie na die volgende seisoen oorgedra word nie.

“Al wat die regering nou kan doen, is om nie dieselfde foute te herhaal nie. En dit is om die belanghebbendes in die bedryf te betrek.”

Hy het bevestig dr. Albert Kawana, minister van visserye en mariene hulpbronne, het Dinsdag ’n brief aan hom gestuur waarin hy lede van die konfederasie uitgenooi het na ’n vergadering om 14:30 vandag op Swakopmund.

Kawana het die bedryf versoek om ’n geskrewe dokument met kwelpunte aan hom voor te lê sodat hy hom op ’n “produktiewe interaksie” kan voorberei.

Die konfederasie het op 27 en 28 Augustus aan onderskeidelik pres. Hage Geingob en Kawana geskryf waarin beswaar gemaak is dat belanghebbendes in die visbedryf nie voor die veiling geraadpleeg is nie.

Amukwa het Geingob in die brief gewaarsku die veiling kan die bedryf skaad en tot werksverliese lei.

“Die operasionele behoeftes van die bedryf wat nagenoeg N$5,6 miljard tot die BBP bydrae en 16 000 direkte werksgeleenthede en ’n beduidende getal indirekte werksgeleenthede skep, is nie in ag geneem nie.

Sonder die belanghebbendes se insette is die aanbevelings van die Hoëvlak Paneel oor die Namibiese Ekonomie (op wie se aanbeveling die veiling geskied het), in voeling met die realiteite van die visbedryf nie, het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026